Into the Blue Terme en Voorwaardes - Besprekings
Depositos:
- ‘n Deposito sal vereis word om jou bespreking te verseker. Besprekings is nie verseker tot ons dit bevestig het nadat ons jou deposito ontvang het nie.
- Besprekings word op ‘n “kom eerste, kry eerste”-basis gedoen.
- Die balans van die prys is betaalbaar op die dag van jou duik.
- As jy jou bespreking minder as 48 uur voor die tyd kanselleer, verbeur jy jou deposito, ongeag die rede vir jou kansellasie.
- As jy op die dag van ‘n kursus nie opdaag nie, sal daar ‘n R1000 boete wees, wat betaalbaar sal wees voordat die kursus kan voortgaan.
- As ons duike kanselleer (as gevolg van weerstoestande of ‘n ander rede), sal jy ten volle terugbetaal word.
Terugbetalings:
- Geen terugbetalings sal gemaak word vir duikers as gevolg van oorprobleme, seesiek wees, of ander redes van hul eie op die dag nie.
- As ons as gevolg van weerstoestande of redes aan ons kant jou nie kan vat om te duik nie, sal ons jou ten volle terugbetaal.
- Terugbetalings moet in dieselfde manier gehaal word as wat jou betaling gemaak is – as jy per kaart betaal het, sal die terugbetaling op die kaart wees, as die betaling deur die internet gemaak is, sal die terugbetaling deur die internet wees, ensovoorts.
Kursusse:
- As jy besig is met ‘n kursus en nie opdaag op ‘n dag wat jy bespreek het nie, sal daar ‘n R1000 bybetaling wees vir die voltooiing van jou kursus.
- Daar is nie terugbetalings op kursusse wat reeds begin het nie.
- Jy het 3 maande om 'm kursus te voltooi, en dit is jou verantwoordelikheid om jou duik dae by ons te boek.
- Indien jy langer as 3 maande vat om klaar te maak met jou kursus, is 'n Verfrissings Kursus nodig, teen die prys waarteen dit op ons webwerf adverteer word.
- Indien jy langer as 'n jaar vat om klaar te maak, is dit nodig om die kursus van voor af oor te doen. Dit kan gedoen word teen 'n koste van 50% van die kursus prys soos adverteer op daai stadium.
- Na 3 jaar verval enige krediet wat jy teen 'n kursus het, en sal jy die kursus oor moet doen ten volle prys, as jy dit nog nie voltooi het nie.
Laat arriveer:
- As jy meer as 30 minute laat arriveer vir jou bespreking, sal die res van die groep voortgaan met hul duike. Depositos wat vir die duike betaal is, sal verbeur word.
MBA-permitte:
- Maak asseblief seker dat jou MBA-permit (wat jy by ons by die winkel kan kry) is by jou by die duikplek te alle tye.
Duik:
- Alhoewel ons tot die uiterste gaan om die duik- en seetoestande te evalueer vir veilige duikpraktyke, bly dit die duiker se verwantwoordelikheid om te besluit of hy/sy gemaklik is met die duiktoestande of nie. Neem asseblief die vrymoedigheid om nie deel te neem in ‘n duik indien jy ongemaklik voel nie. Duik slegs in toestande waaraan jy gewoond is/waarvoor jy opgelei is.
- As jy op die dag siek is, moet asseblief nie duik nie.