PADI MEESTER SKUBADUIKER-KURSUS KAAPSTAD – INLEIDING
Is jy een van daardie mense wat jou stokperdjies ernstig opneem en jouself soveel moontlik wil kwalifiseer? Wil jy dieper kan duik, beter foto’s neem, wrakke penetreer, en dieper duik in grotte?
Word die James Bond van duik deur jou Meester Skubaduiker-gradering te kry! Doen enige vyf PADI Spesialiteitskursusse, en sodra jy 50 duike aangeteken het, kan jy aansoek doen vir hierdie gradering. Kies die spesialiteite waarvan jy hou, en verkry die hoogste nie-professionele gradering in duik! Hierdie spesialiteit se mikpunt is om jou as ‘n afgeronde duiker te ontwikkel, om bekwaam en kundig te wees in baie van die duikdissiplines.
Vinnige oorsig van die PADI Meester Skubaduiker-kursus in Kaapstad
- Bestaan uit vyf spesialiteite
- Jy kan kies van die volgende spesialiteite:
- Onderwaterfotografie
- Wrakduiker
- Diepduiker
- Onderwaternavigasie
- “Peak Performance” Dryfvermoë-duiker
- Nagduiker
- Bootduiker
- Verrykte Lug-duiker
- Onderwaternatuurkundige
PADI Meester skubaduiker-kursus struktuur
Jou Meester Skubaduiker-gradering bestaan uit vyf spesialiteite. Die duike vir die verskeie spesialiteite kan almal na mekaar gedoen word (voltyds), of ons kan hulle oor ‘n tydperk versprei.
Neem asseblief kennis dat jy eers jou Meester Skubaduiker-gradering sal ontvang as jy al vyf spesialiteite voltooi het, en ten minste 50 duike in totaal aangeteken het. Elkeen van die spesialiteite is uniek, maar jy sal gewoonlik ‘n teorie-afdeling oor elke spesialiteit doen, en ook ‘n paar Oopwaterduike.
Ons kom gewoonlik om 09:00 in die oggend by Into the Blue Duiksentrum bymekaar vir die duike, en ons dae is gewoonlik teen 16:00 klaar. Die tye mag verskil vir die verskillende kursusse.
Vir meer inligting oor die verskillende spesialiteite, gaan asseblief na die bladsye van die spesifieke spesialiteite waarin jy belangstel.
PADI Meester skubaduiker-kursus-gereelde vrae
1. Is hierdie kwalifikasie dieselfde as die Duikmeesterkursus?
Nee, dit is glad nie dieselfde nie. Die Duikmeesterkursus is ‘n kursus wat ontwerp is om jou te leer hoe om as ‘n professionele duiker te werk en na duikers om te sien, terwyl die Meester Skubaduiker-kursus ontwerp is om jou eie spesifieke duikvaardighede te ontwikkel en jou ten volle te kwalifiseer as ‘n ontspanningsduiker.
2. Behels die kursus teorie ook?
Ja – jy sal ‘n teorie-afdeling doen vir elkeen van die spesialiteite.