hokduik saam met witdoodshaaie - inleiding

Staar een van die wêreld se mees gevreesde wonders in die gesig soos jy van aangesit tot aangesig kom met ‘n Witdoodshaai – terwyl jy in die beskerming is van ‘n metaalhok! Bewe van adrenalien soos hierdie reusagtige vleisvreters slegs sentimeters van jou af deur die water gly... of, as jy dit verkies, bly aanboord en aanskou hierdie manjifieke diere van bo die water.

Valsbaai en Gansbaai naby aan Kaapstad is van beste plekke ter wêreld om die Witdoodshaai in aksie te sien. Hier kan jy die majestieuse prag van een van die mees gevreesde wesens van die see geniet.

hokduik saam met witdoodshaaie - program

Jou Witdoodshaai-duikervaring begin met ‘n reis van ongeveer 1.5 ure van Kaapstad na Gansbaai. As jy in Kaapstad bly, kan ons bussie jou by jou hoteldeur op- en aflaai. Oplaaitye is gewoonlik vroeg – ongeveer 05:00 in die oggend.

Wanneer jy in Gansbaai aankom, sal jy bederf word met ‘n ligte ontbyt. Duikers word aangeraai om nie te swaar te eet in die oggend nie, om te voorkom dat jy seesiek raak. Wanneer ontbyt klaar is, klim jy op die boot, en vaar uit om die Witdoodshaai-hokduik te gaan doen.

Wanneer die haaie gevind is, sal die boot anker gooi, en dan is dit tyd om te begin met die hokduik-avonture! Deelnemers maak beurte om in die hok te wees (tot en met ses mense in die hok per keer), tot almal tyd saam met die haaie kon spandeer. Deelnemers wat ‘n tweede beurt wil hê kan ook van die geleentheid gebruik maak.

Terwyl jy nie in die hok is nie, kan jy die uitsig van die bo-dek af geniet – jy kan die haaie baie duidelik van daar af sien, en dit is snaaks om die ander duikers se reaksies te sien wanneer hulle vir die eerste keer die witdoodshaaie sien! Jy is ook welkom om ‘n versnappering te geniet gedurende hierdie tyd.

hokduik saam met witdoodshaaie - gereelde vrae

1. Moet ek Skuba-gesertifiseerd wees?

Nee, jy het nie ‘n Skubakwalifikasie nodig nie omdat jy nie met skubatoerusting duik nie.

2. Hoe bespreek ek?

Besprekings kan via e-pos, telefoon of by die Into the Blue-winkel gemaak word. Volle betaling vooruit word verlang om die bespreking te verseker vir die aktiwiteit.

3. Hoe lank neem dit?

Dit begin vroeg (jy kan verwag om van 05:00 in die oggend af opgelaai te word of selfs vroeër), en dit sal meeste van die dag neem. Verwag om rondom 17:00 of 18:00 die middag terug in Kaapstad te wees.

4. Wat moet ek saambring?

Bring ‘n handdoek, swemklere, en sonbrandroom saam. Jy kan iets warm ook saambring, want die wind op die see kan koel wees. Duikpakke en –maskers word voorsien.

 

Galery

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

kevinwF566NQ

Couldn't ask for a better experience - Did an open water scuba dive course and had such an incredible...
time. Everyone there is so friendly and super professional. You can really see how passionate they all are about diving, and giving others the chance to experience what they do everyday.
As an amputee, I was a little apprehensive about what I was getting myself into, but someone was always there to lend a hand (or a foot) when I needed it. Can't imagine there's a better team to dive with.
Will be back for many more fun dives!

Carina Koenig

Epic experience with the greatest team!�Thank you so much!

Marlise Jordaan

Super friendly staff. Would def recommend using this place