PADI BOotskubaduik-kursus kaapstad - inleiding

Is jy lief vir die see? Om uit op die see te wees met die wind wat deur jou hare waai en die souterige seesproei wat die lug rondom jou vul, laat jou rustig en een met die see voel. Of hou jy net nie van die moeite van duik van die strand af nie? Dan is die PADI Bootduik-spesialiteitkursus vir jou!

Hier sal jy nuwe skubaduikplekke kan verken waarby jy nie kan uitkom van die strand af nie. Dit gee jou ook meer insig oor die beplanning en uitvoering van bootduike.

Of jy van ‘n klein rubberboot of van ‘n groot passasierskip af duik, stel die PADI Bootduiker-spesiliteitkursus jou bekend aan bootduikvaardighede wat bruikbaar sal wees wanneer ookal jy van ‘n boot af moet duik.

Vinnige oorsig van die PADI Bootskubaduiker-spesialiteitskursus in Kaapstad 
Boat Scuba Diver Course in Cape Town

  • Jy moet jou PADI Oopwater-sertifikasie hê
  • Duur: 2 skubaduike (minimum 1 dag)
  • Minimum ouderdom: 10 jaar
  • Die kursus neem 1 dag en is gefokus op hoe om van bote van verskillende groottes af te duik op verskillende plekke, opklim- en afklimtegnieke, die stoor van jou toerusting, om oppervlakmerkerboeie te gebruik, en bootveiligheidstoerusting
  • Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering

PADI BOotskubaduiker- spesialiteitskursus kaapstad - struktuur van kursus

Ons kom elke oggend by die Into the Blue-winkel in Kaapstad bymekaar as ons sentrale beginpunt. Hier doen ons registrasie, teorie en ons kry ons skubatoerusting. Ontmoetingstye is gewoonlik teen 08:00 sodat ons vroeg kan op die see kan uitgaan. Jy kan verwag om tussen 14:00 en 16:00 die middag klaar te wees, afhangende van waar ons op die dag uitgaan. Jy sal teorie en prakties leer, wat uit die volgende sal bestaan:

Teorie

Hierdie kursus bestaan uit twee teorie dele:

  • PADI Bootduik-video
  • PADI Boothandleiding, voltooi en hersien die kennisbesprekings

Prakties

Ons doen 2 skubaduike in totaal

  • Nommer 1:
    • Ons behandel opklim- en afklimtegnieke
    • Ons geniet een van ons pretduike!
  • Nommer 2:
    • Ons leer hoe om ‘n oppervlakmerkerboei te ontplooi
    • Ons geniet een van ons pretduike!

PADI BOotkursus - gereelde vrae

1. Hoekom sal ek die Bootduikkursus wil doen?

Dit stel jou in staat om te voel as of jy die boot beter ken en om gemakliker te voel wanneer jy daarvan af duik. Die kursus help jou ook om nuwe plekke te bereik waarby jy nie kan uitkom van die strand af nie.

2. Is dit moeilik?

Nee, dit is nie moeilik nie. Baie mense ondervind dat skubaduik van ‘n boot af baie makliker is as om van die strand af te duik.

3. Is dit gevaarlik?

Nee. Die kapteins van die bote wat ons gebruik is hoogsopgeleide professionele kapteins en is baie veiligheidsbewus.

4. Hoe diep is die bootduike rondom Kaapstad?

Meeste van ons bootduike is dieper duike, rondom 18 tot 35 meter.

5. Waar in Kaapstad gaan julle op die see uit?

Afhangende van die weerstoestande op die dag sal ons vanaf Houtbaai se hawe op die water gaan, Millerspunt in Valsbaai of die Kragbootklub langs die V&A Waterfront in die Kaap af.

6. Watse tipe boot gebruik julle?

Ons gebruik ‘n opblaas-ribboot wat 9 meter lank is.

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

kevinwF566NQ

Couldn't ask for a better experience - Did an open water scuba dive course and had such an incredible...
time. Everyone there is so friendly and super professional. You can really see how passionate they all are about diving, and giving others the chance to experience what they do everyday.
As an amputee, I was a little apprehensive about what I was getting myself into, but someone was always there to lend a hand (or a foot) when I needed it. Can't imagine there's a better team to dive with.
Will be back for many more fun dives!

Clinton Bobbert

I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can…

I grew up on the sea, always wondered how it must be into the deep blue sea. Then one day me and my wife decided to do an attempt to do scuba diving and I was quite nervous about going under water but thanks to the Into the blue crew and their patience and determination me and my wife found a new hobby and looking forward to go around the world and scuba dive all around the world. So from me and my wife we want to thank Cape Town, South Africa, Into the blue, for what we have experienced and thank you for opening a new world to us! I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can ever make!

Kieran Biddulph

Aswome set up Relly nice friendly staff resonably priced