PADI verfrissingskursus vir skubaduik kaApstad - inleiding

Is jy ‘n gesertifiseerde skubaduiker maar jy het lank laas geduik? Jy kan miskien van die belangrike aspekte van skubaduik vergeet. Moenie bekommer nie, ons is hier om te help. Die PADI Verfrissingskursus is spesiaal met jou in gedagte ontwerp.

Met hierdie verfrisser sal ons jou binnekort weer in tiptop-vorm hê en jy sal gou weer gereed wees om met selfvertroue in die water te klim.

Hierdie kursus dek al die basiese beginsels om jou so te sê terug in die saal te kry, soos die teorie wat jy in jou Oopwaterkursus sou leer en ook ‘n praktiese duik in die swembad.

Vinnige oorsig van die PADI Verfrissingskursus vir skubaduik in Kaapstad

  • Duur: Ongeveer 4 ure
  • Hersien teorie en skubaduik dan in die swembad
  • Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering
  • Jy moet ‘n gesertfiseerde duiker wees om hierdie kursus te doen

PADI verfrissingskursus vir skubaduik struktuur

Skedule

Ons kom in die oggend om 09:15 by die Into the Blue Duiksentrum in Kaapstad bymekaar. Deelnermers kan verwag om so ongeveer 16:00 klaar te wees.

Ons hardloop hierdie kursus sewe dae ‘n week van ons Kaapstad Skubaduik-sentrum af.

As daar enige ander vaardighede is wat jy graag wil verfris, sal ons jou graag help.

Teorie

Die eerste ding wat ons doen is om die teorie vinnig weer te hersien. Dit word meestal in die vorm van ‘n vasvra (“quiz”) gedoen. Daar is ook tyd vir vrae en antwoorde voordat ons regtig gaan skubaduik!

Duik in die swembad

Wanneer ons klaar is met die teorie, klim ons in die swembad. Hier gaan ons deur dieselfde vaardighede as wat jy gedoen het vir jou Oopwaterkursus. Jy sal verbaas wees oor hoe vinnig jy weer alles onthou! Veiligheid is die sleutel in skubaduik, so ons sal jou weer leer om jou toerusting na te gaan langs die swembad.

As daar enige spesifieke vaardigheid is wat jy voel jy ekstra hulp mee nodig het, sal ons soveel tyd aan hierdie vaardigheid spandeer as wat jy nodig het.

Opsionele Kaapstad see - duik

Terug na die regte pret – duik in die see! Hierdie gedeelte van die dag is opsioneel, maar is die meeste pret vir ons verfrissingsstudente. Jy het nou die opsie om een van ons vele pretduike te doen om jou nuutgevonde vaardighede te oefen. Dit kan in die vorm wees van ‘n natuur-, rob-, wrak- of haaiduik (dit sluit hokduik saam met Witdoodshaaie uit) rondom Kaapstad.

PADI verfrissingskursus vir skubaduik kaapstad - gereelde vrae

1. Hoekom het ek ‘n verfrisser nodig?

As jy vir ongeveer ses maande nie geduik het nie, of bietjie geroes voel, stel ons voor dat jy ‘n verfrissingskursus doen. Dit sal jou ervaring baie bevorder as jy dan voortgaan om in die see te duik, en jy sal baie meer gemaklik voel onder die water. Soos met enigiets met duik, moet jy eerder aan die veilige kant bly as jy onseker voel.

2. Wat moet ek saambring?

Jy moet jou handdoek, swemklere, sonbrandroom en ‘n versnappering saambring.

3. Kan ek ‘n verfrissingskursus doen as ek ‘n PADI Ontdek Skuba-ervaring gedoen het?

Jy kan nie die verfrissingskursus doen as jy net ‘n PADI Ontdek Skuba-ervaring gedoen het nie. Ons stel voor dat jy nog ‘n PADI Ontdek Skuba-ervaring doen of as jou tyd beperk is, dat jy ‘n PADI Oopwaterkursus doen en ‘n gesertifiseerde duiker word.

 

 

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

ceepee315

Incredible - I am so happy I chose this dive company...

to go with for our 2 dives in Cape Town, it was unforgettable.

We got picked up from our hotel on time, (thank you) and we took a small boat out to the dive site. Very bumpy but high winds made for rough seas. The first dive to the wreck was great, COLD but great visibility. Break for a small snack and water, then second dive with the seals an hour later. It was incredible to say the least, and run by professionals. I took many videos and photos, but from most experiences, you need to put the camera down and just ENJOY IT. So exhausted but so happy. The crew were amazing and hard workers, I can't say enough good things. Thank you for a great experience and unforgettable memories!!

Clinton Bobbert

I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can…

I grew up on the sea, always wondered how it must be into the deep blue sea. Then one day me and my wife decided to do an attempt to do scuba diving and I was quite nervous about going under water but thanks to the Into the blue crew and their patience and determination me and my wife found a new hobby and looking forward to go around the world and scuba dive all around the world. So from me and my wife we want to thank Cape Town, South Africa, Into the blue, for what we have experienced and thank you for opening a new world to us! I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can ever make!

Marlise Jordaan

Super friendly staff. Would def recommend using this place