I dived with Into the blue last week, and despite having an early meeting time was greeted by the staff with instant smiles and friendliness. Within 15 minutes the blond lady at reception had our whole groups paperwork sorted, gear packed, and introductions given.
There was a groupf of about 7 of us, and we all got to know eachother and the rest of the staff very well throughout the day. Everyone of the staff was friendly and happy to lend a helping hand, and they were very thorough and professional throughout the day.
The dive conditions didn't end up being so good, but the skipper GP was wise enough to call off the second dive for safety and we were sorted out back at the shop with rescheduling and refunds.
Very well done, and I would highly recommend for any divers visiting Cape town. I will be back to dive with Into the blue again!!!
PADI "EMERGENCY FIRST RESPONSE" kursus kaapstad - inleiding
Wat doen jy wanneer julle skubaduik en een van jou metgeselle kry ‘n hartaanval of is betrokke in ‘n duikongeluk en begin baie erg bloei? Om ‘n paar basiese eerstehulpvaardighede te ken en toe te kan pas wanneer iets tydens ‘n duik gebeur, kan maak dat jy potensieël iemand se lewe red.
Die EFR-kursus leer jou die basiese beginsels van Eerstehulp. Alhoewel dit nie nét vir skubaduik is nie, sal dit tog van onskatbare waarde wees vir enige duiker wat korrek sal wil optree in noodgevalle wat mag voorkom tydens ‘n duiksessie. Dit is noodsaklik vir die skubaduikers wat die volgende stap wil neem om sy/haar Reddingsduiker-sertifikasie te verkry.
Vinnige oorsig van ons Eerstehulpkursus in Kaapstad
- Duur: 4 ure
- Kan gedurende die dag of na-ure gedoen word
- Leer noodsaaklike eerstehulpkonsepte
- Leer hoe om eerstehulp-toerusting te gebruik
- Word ‘n geregistreerde eerstehulp-verskaffer
PADI Efr kursusstruktuur
Ons kombineer onafhanklike studies en opleiding in praktiese vaardighede om jou die bekwaamheid te bied om ‘n persoon in nood by te staan.
Onderrig neem in ons klaskamer in Kaapstad plaas, en kan gedurende die dag of in die aande gedoen word. Dit duur ongeveer vier ure.
Primêre Eerstehulp:
1. Assessering van Toneelveiligheid
2. Universele Voorsorgmaatreëls – Beskerming teen Oordraagbare Siektes, insluitend gebruik van beskerming
3. Hoe om ‘n Primêre Assessering te doen
4. Reddingsasemhaling & Kardiopulmonêre Bybrenging (CPR)
5. Sorg vir Bewustes en Bewusteloses
6. Versperde Lugweg Beheer
7. Ernstige Bloeding Beheer
8. Skokterapie
9. Spinale Besering Beheer
10. Outomatiese Eksterne Defibrillator Opleiding
11. Noodgebruik van Suurstof – Oriëntering
Sekondêre Eerstehulp:
1. Beseringassessering
2. Siekte-assessering
3. Verbinding
4. Spalk van Ontwrigtings en Frakture
gereelde vraeoor die efr-kursus
1. Wat doen ons in die klaskamer?
Ons begin die sessie met ‘n DVD, wat die verskillende vaardighede verduidelik en ‘n paar scenarios bestudeer. Ons probeer om dit so prakties moontlik te maak en dit te verbind aan dinge wat kan gebeur wanneer jy skubaduik. Na dit doen ons die praktiese deel. Ons het ‘n CPR-pop waarop ons oefen, en ons oefen ook ‘n paar van die vaardighede op ander deelnemers.
2. Is die EFR-kursus net vir skubaduikers?
Nee! Die EFR-kursus word as ‘n basiese Eerstehulpkursus erken, en is waardevol vir beide duikers en nie-duikers.
3. Hoe prakties is die kursus?
Jy sal die kans kry om elkeen van die vaardighede fisies te oefen tot jy dit regkry. In terme van toepassing in die regte lewe, weet mens nooit wanneer mens die vaardighede sal nodig hê wat mens in hierdie kursus leer nie.
4. Sal ek met bloed moet werk?
Nee, daar is geen regte bloed nie. Ons oefen tog om handskoene aan te trek en uit te trek sonder om bloed op ons hande te kry – in hierdie scenario gebruik ons tamatiesous om dit uit te beeld.
5. Hoe fiks moet ek wees?
Glad nie fiks nie.
6. Moet ek van tyd tot tyd ‘n verfrissingskursus doen?
Jy behoort elke twee jaar ‘n verfrissingskursus te doen om jou vaardighede op te skerp en op datum te bly met die nuutste mediese metodes, tegnologie en teorieë.