PADI dryfvermoË-kurses kaapstad - inleiding
Voel jy buite beheer wanneer jy skubaduik? Voel jy dat jy óf die sand van die seebodem verwek of dat jy na die oppervlak skiet, en sukkel jy om die perfekte balans tussen die twee uiterstes te vind?
Dan is die PADI “Peak Performance” Dryfvermoë-kursus ‘n móét vir jou! Die PADI “Peak Performance” Dryfvermoë-kursus bring die pret terug na duik deur die spanning te verwyder van heeltyd jou dryfbaarheid te moet aanpas met jou lae-druk pomp.
Niemand geniet ‘n duik as hulle ongemaklik voel of voel of dat hulle nie in beheer is nie, en dit is hoekom hierdie kursus perfek is vir jou, want dit gee die beheer van jou duik terug aan jou. Nou kan jy soos ‘n pro voel omdat jy nie meer aan jou dryfvermoë hoef te dink nie, dit gebeur net natuurlik!
Vinnige oorsig van die PADI Dryvermoë-skubakursus in Kaapstad
- Jy moet jou PADI Oopwater-sertifikasie hê
- Duur: 1 swembad duik, en 2 see duike (minimum 1 dag)
- Minimum ouderdom: 12 jaar
- Onderrig sal 1 dag neem. Ons sal fokus op dryfmerkers en beginsels, gewigverspreiding, fyn instelling van dryf onder die water, vaartbelyning, visualisering en om fiks te bly
- Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering
PADI dryfvermoË-kursus
Ons kom elke oggend by die Into the Blue-winkel in Kaapstad bymekaar. Hier doen ons registrasie, teorie en ons kry ons toerusting. Ontmoetingstyd is gewoonlik om 09:15. Jy kan verwag om tussen 15:00 en 18:00 in die middag klaar te wees, afhangende van waar ons op die dag duik. Jou onderrig sluit beide teoretiese en praktiese aspekte in wat die volgende behels:
Skubateorie
Die opleiding bestaan uit twee teoriedele:
- PADI “Peak Performance” Dryfvermoë-video
- PADI “Peak Performance” Dryfvermoë-handleiding, voltooi en hersien die kennisbesprekings
Prakties
Ons doen 2 skubaduike:
- Eerste skubaduik:
- Hoe om gewigte reg bymekaar te voeg
- Visualisering
- Dryfbaarheidkontrolering
- Stilhang
- “Peak Performance” Dryfvermoë-speletjie
- Tweede skubaduik:
- Effektiewe vinskoppe
- Vermy kontak met die seebodem
- Stilhang
- Diepte-aanpassing deur stil te hang deur net asem te gebruik
- Bly naby aan die seebodem sonder om daaraan te raak
PADI "PEAK PERFORMANCE" dryfvermoË-kursus-gereelde vrae
1. Hoekom het ek die “Peak Performance” dryfvermoë-kursus nodig?
Dit stel jou in staat om meer selfvertroue in die water te hê sodat jy beheer kan neem van jou skubaduike. Die kursus help jou om jou skubaduikvaardighede fyn in te stel.
2. Is dit moeilik?
Nee, dit is nie moeilik nie. Ons leer jou alles wat jy moet weet om jou dryfbaarheid maklik te beheer.