oopwater skubaduik-kursus (open water scuba dive course) inleiding - kaapstad

Wil jy ‘n skubaduiker word? Dan begin jou onderwateravontuur in Kaapstad met die PADI Oopwaterduiker-kursus. Die Oopwaterduiker-kursus leer jou die beginsels van skubaduik en lê die fondasie vir alle ander skubaduik-kursusse.

Hierdie kursus stel jou in staat om onafhanklik te kan skubaduik saam met ‘n gekwalifiseerde vriend, tot en met ‘n diepte van 18 meter.

Ons begin deur jou oor duik en die see te leer. Na dit vat ons jou na die swembad, waar ons jou ‘n paar skubaduik-vaardighede leer en ook hoe om die duiktoerusting te gebruik. Wanneer jy gereed is, gaan ons aan na die regte avontuur, duik in die see! Met so baie uitstekende skubaduikplekke wat die Kaap bied, sal jy nie teleurgestel wees nie.

Die PADI Oopwaterduik-kursus is een van die beste in sy soort in die wêreld om te leer duik. Dit word deur een van ons gekwalifiseerde PADI-Instrukteurs aangebied.

Vinnige oorsig van die Oopwaterduiker - kursus

  • Duur: 3 tot 4 dae
  • Dag 1: DVD & teorie
  • Dag 2: Skubaduik-sessies in die swembad op ons perseël in Kaapstad
  • Dag 3 en 4: 4 skubaduike in die see rondom Kaapstad
  • Jy het die keuse om die skubaduik-DVD en teorie in die gemak van jou eie huis te voltooi as selfstudie, of in ons klaskamer. Dit is jou keuse. Daar is ook ‘n “e-learning” opsie.
  • Jou duikkursus kan rondom jou skedule aangepas word. Die kursus hoef nie in vier opeenvolgende dae voltooi te word nie!
  • Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering
  • Minimum ouderdom: PADI junior oopwaterduiker – 10 jaar
  • PADI oopwaterduiker – 15 jaar

kursus vir oopwaterskubaduik struktuur

Om die PADI Oopwaterduik-kursus te doen sal jou normaalweg so drie tot vier dae neem. Hierdie dae hoef nie opeenvolgend te wees nie – ons pas die duikskedule aan om by jou skedule te pas!

Daaglikse duikkursus skedule:

Op die dae wat ons duik sal ons om 09:15 in die oggend by die Into the Blue Duiksentrum (88 Hoofstraat, Seepunt, Kaapstad) bymekaar kom. Hier doen ons die registrasie, teoriewerk, en ons kry vir jou die skubatoerusting wat jy sal nodig hê vir die kursus. Duikers kan verwag om ongeveer tussen 15:00 en 18:00 in die middag klaar te wees, afhangende van waar in die Kaap ons op die dag duik.

Kursusdag 1 – Teorie oor skubaduik

Voordat ons in die water kan spring en begin duik, moet ons 'n bietjie natuurlik teorie doen eers aan jou verduidelik presies hoe duik werk. Daar is twee teorie opsies om van te kies:

Die meer tradisionele kursus opsie:

As jy hierdie opsie kies, sal jy ‘n PADI Bemanningspakket (“Crew pack”) met kursusteorie-materiaal in ontvang. Jou teorie sal uit die volgende bestaan:

  • ‘n DVD om te kyk (ongeveer 3 ure lank). Jy kan hierdie DVD in die gemak van jou eie huis kyk, of in ons klaskamer. As jy die DVD by die huis kyk, kan ons die kursus verkort na drie dae.
  • Daar is vasvrae (“quizzes”) om saam met die instrukteur te doen, so maak seker dat jy verstaan wat jy in die DVD sien. Dit is ook ‘n goeie geleentheid om jou instrukteur enige vrae te vra wat jy oor skubaduik mag hê.
  • Kennisbesprekings – daar is huiswerk vir hierdie kursus wat in jou handleiding gedoen moet word
  • ‘n Teorie-eksamen

"E-Learning" skubakursus

Hierdie is ‘n baie goeie manier om jou skubaduik-teorie gedoen te kry as jy gedruk is vir tyd, of nie jou tyd op vakansie aan huiswerk en studies wil spandeer nie. Met PADI “e-learning” kan jy al jou teorie in die gemak van jou eie huis doen, lank voor jou vakansie nog gaan begin!

Neem asseblief kennis dat jy nie ‘n bemanningspakket (“crew pack”) van ons gaan ontvang as jy die “e-learning” kursus doen nie, want al die teorie is aanlyn. Vir dit ontvang jy R500 afslag op die normale prys, maar daar is ‘n fooi betaalbaar aan PADI vir die registrasie van die “e-learning”. Duikers wat hierdie opsie kies moet ook hul eie logboeke koop. As jy vir die PADI “e-learning” wil registreer, kliek asseblief hier.

Kursusdag 2 – Swembadsessies

Teen hierdie tyd ken jy die teorie agter skubaduik, so op hierdie dag vat ons jou na die swembad toe en leer jou hoe die toerusting werk. Dit is ook om jou skubaduikvaardighede te oefen voordat ons na die see toe gaan. Die swembad is op ons perseël, wat baie gerieflik is!

Ons professionele en kundige instrukteurs sal seker maak dat jy goed opgelei is, en dat jy gemaklik is met jou duiktoerusting voordat ons jou na die see toe vat.

Kursusdag 3 en 4: Skubaduik in die see rondom Kaapstad

Dit is waaroor die kursus gaan! Nou vat ons jou om in die see te duik, waar jy die kans kry om die vaardighede te toets wat jy in die swembad geleer het. As ‘n bonus duik ons ook sommer vir die pret daarvan. Ons doen vier duike saam, waarna jy gereed is om gesertifiseer te word!

Die kursus is só bymekaar gesit om jou te leer om in ‘n veilige en opwindende manier te duik. Jy kan verseker wees dat, as ‘n PADI Oopwaterduiker, jou sertifikasie regoor die wêreld erken sal word.

Die kursus is só bymekaar gesit om jou te leer om in ‘n veilige en opwindende manier te duik. Jy kan verseker wees dat, as ‘n PADI Oopwaterduiker, jou sertifikasie regoor die wêreld erken sal word.

kursus vir skubaduik in oopwater- gereelde vrae

    1. Word my sertifikasie internasionaal erken?

      Ja! Jou duiksertifikasie word nie net tot Kaapstad beperk nie, maar is wêreldwyd geldig. PADI is die duikorganisasie wat die wydste erken word in die wêreld – amper 80% van alle ontspanningsduikers word deur PADI gesertifiseer. Dit beteken dat jou sertifikasie erken sal word waarookal jy gaan!

    2. Hoe veilig is dit om in Kaapstad te skubaduik?

      Volgens statistieke is skubaduik een van die veiligste sporte wat bestaan, met baie min beserings. Deel van die rede hiervoor is dat duikers baie goed opgelei word, en as jy by die reëls bly is daar min wat verkeerd kan gaan.

    3. Wat van haaie in Kaapstad?

      Haaie is ‘n bietjie soos honde – daar is baie verskillende soorte die Kaap, en nie almal is gevaarlik nie! Jy kry grotes, kleines, oulike haaie, lelike haaie... party is vriendelik en party nie so vriendelik nie. Daar is party haaisoorte waarna ons spesifiek gaan soek omdat hulle geen gevaar vir mense inhou nie en regtig lekker is om te sien terwyl mens duik. Om ‘n Witdoodshaai in die Kaap te sien terwyl jy duik is baie skaars – onder ons personeel het ons al duisende duike agter die rug en nie een van ons het al ooit een gesien nie! Dit gesê, daar is geen hekke in die see nie, wat beteken dat daar wel altyd die kans is om een teë te kom terwyl jy duik. Om ‘n haai onder die water te ontmoet beteken egter nie dat hy jou gaan aanval nie. Wetenskaplikes sê dat haai-aanvalle op mense gewoonlik ‘n geval van verkeerdelike identifisering is, byvoorbeeld, ‘n “surfer” op sy branderplank mag miskien vir ‘n haai na ‘n rob lyk. Skubaduikers spandeer egter meeste van hulle tyd onder die water, en nie op die oppervlak nie, en lyk dus nie soos ‘n Witdoodshaai se natuurlike prooi nie. Die borrels is ook geneig om hulle af te skrik!

    4. Is die water rondom Kaapstad koud?

      Die Kaap se water is nie tropies nie, maar ons dra goeie duikpakke wat ons warm hou wanneer ons gaan duik. Ons glo dat daar nie iets soos koue water is nie – net duikers wat nie reg aangetrek is nie!

    5. Wat moet ek saambring?

      Jy moet die volgende bring:

      ·         ‘n Handdoek

      ·         Swemklere

      ·         ‘n Versnappering en iets om te drink deur die dag

      ·         Sonbrandroom met ‘n voldoende SPF-faktor; dit kan warm raak in die Kaap

    6. Kan julle my by my hotel in Kaapstad oplaai?

      Ja, ons kan vervoer reël vir diegene wat in Kaapstad en omgewing is. Kontak ons om dit te reël!

    7. Kan ek saam met julle na die duikplek toe ry vanaf Into the Blue se Skubasentrum in Kaapstad?

      Ja, jy kan. Kontak ons om dit te reël!

    8. Kan julle foto’s van my neem terwyl ek duik?

      Ons het ‘n onderwaterkamera by die sentrum wat ons saam kan neem. Neem asseblief kennis dat dit noodsaaklik is om dit te bespreek!

    9. Hoe oud moet ek wees om hierdie duikkursus te doen?

      Jy moet minstens 10 jaar oud wees. Duikers tussen die ouderdomme van 10 en 15 jaar sal ‘n PADI junior oopwatersertifikasie ontvang, wat vansself opgradeer na ‘n vol oopwatersertifikasie wanneer jy 15 jaar oud word.

    10. Hoe fiks moet ek wees om te skubaduik?

      Jy hoef nie baie fiks te wees nie, maar jy moet redelik gesond wees, en jy moet kan swem. Laai asseblief ons Mediese Vraelys af, en as jy “ja” antwoord op enige van die vrae daarop, het jy ‘n doktersbrief nodig wat sê dat jy gesond genoeg is om te skubaduik.

    11. Ek het nie enige vriende in die Kaap wat skubaduik nie – saam met wie kan ek duik nadat ek my sertifikasie kry?

      Ons het ‘n hele paar opwindende programme om jou uit te vat op begeleide duike na jou sertifikasie. Gesels met ons om te sien watter een die beste gaan werk vir jou!

    12. Wat is volgende om te doen na ek gekwalifiseer het?

      Wanneer jy as ‘n oopwaterduiker gekwalifiseer het, kan jy deelneem aan die volgende programme:

      • Begeleide duike – gebruik jou kwalifikasie en verken Kaapstad onder die water!
      • Duikvakansies – registreer vir een van ons skubavakansies en kry die geleentheid om by van die beste duikbestemmings in die wêreld te duik!
      • Die PADI gevorderde oopwaterkursus! Hier leer ons jou meer oor die opwindende avonture wat jy onder die water kan hê – soos wrakduik, diepduik, en onderwaterfotografie.
    13. Kan ek hierdie skubakursus as ‘n geskenk vir iemand koop?

      Ja! Ons kan vir jou ‘n geskenkbewys e-pos wat jy as geskenk kan gee. Hierdie geskenkbewys is vir een jaar geldig.

    14. Hoe kan ek in kontak bly om te weet van enige duikuitstappies wat julle het?

      Jy kan registreer vir ons nuusbrief deur hier te kliek, en jy kan ons op ons Facebook-blad volg deur ons hier te “like”. In hierdie manier sal jy altyd weet wat die weerstoestande is, en ook nuwe inligting kry oor opwindende toere en duike wat ons doen.

    15. Wat van my MBA-skubaduikpermit?

      Duikers wat ‘n duikkursus by ons doen sal outomaties ‘n MBA-permit by ons kry wat vir een maand geldig is. Dit is ingesluit by die koste van jou kursus.

Galery

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

kevinwF566NQ

Couldn't ask for a better experience - Did an open water scuba dive course and had such an incredible...
time. Everyone there is so friendly and super professional. You can really see how passionate they all are about diving, and giving others the chance to experience what they do everyday.
As an amputee, I was a little apprehensive about what I was getting myself into, but someone was always there to lend a hand (or a foot) when I needed it. Can't imagine there's a better team to dive with.
Will be back for many more fun dives!

Jayson De Ath

Super and very professional setup. Glad I was able to dive...

with them and would not only recommend diving here, but look forward to the next trip to dive with again.

Kieran Biddulph

Aswome set up Relly nice friendly staff resonably priced