"EMERGENCY FIRST RESPONSE" verfrissingskursus (EFR) kaapstad - inleiding
Is jou Eerstehulpvaardighede ‘n bietjie geroes? Kan jy nie lekker onthou hoeveel kompressies om te doen met CPR nie? Indien jy ja kan antwoord, moet jy ons EFR Verfrissingskursus doen!
EFR stel voor dat jy elke twee jaar ‘n verfrissingskursus doen om jou eerstehulpvaardighede in tiptop-vorm te hou. Dit is ook noodsaaklik dat jy op datum bly met die nuutse ontwikkelinge en tegnieke in Eerstehulp.
Vinnige oorsig van die EFR Verfrissingskursus in Kaapstad
- Die kursus word by Into the Blue Skubaduik-sentrum aangebied
- Duur: 3 tot 4 ure
- Bestaan uit die opknapping van praktiese vaardighede
"emERGENCY FIRST RESPONSE" verfrissingskursus- kursusstruktuur
Hierdie kursus word by Into the Blue Skubaduik-sentrum aangebied en word gewoonlik in die middag of aand gedoen. Die kursus bestaan uit ‘n kort teorie-afdeling, en ‘n praktiese afdeling waar ons die vaardighede hersien wat jy in jou EFR Primêre- en Sekondêresorg (Volwassenes of Kinders) kursus gedoen het. Ons oefen dan die vaardighede tot jy dit bemeester.
"EMERGENCY FIRST RESPONSE" verfrissingskursus - gereelde vrae
1. Hoe gereeld moet ek my EFR/Eerstehulpkwalifikasie hernu?
Elke twee jaar.
2. Ek het ‘n Eerstehulpkwalifikasie van ‘n ander agentskap as EFR – kan ek die EFR Verfrissingskursus doen?
Nee. As jy die EFR kwalifikasie wil verkry, moet jy eers die EFR kursus doen.