HOEKOM KIES INTO THE BLUE duik SENTRUM KAAPSTAD
Ons Span
Into the Blue is ‘n top-duikwinkel in Kaapstad. Ons fokus is nie daarop om vir jou die goedkoopste kursus of duik te bied nie – maar eerder om vir jou waarde vir geld te bied – ‘n kwaliteit, veilige ervaring. Wanneer jy saam met ons duik, sal jy goeie en professionele instrukteurs en duikmeesters hê, goed-versorgde toerusting, en ons het ‘n maksimum verhouding van vyf kliënte per duikmeester. Ons mik om altyd minstens twee duikmeesters op ons boot te hê om seker te maak dat, indien jy enige probleme sou ondervind, daar iemand sal wees om jou te help. Dit is deel van die rede hoekom ‘n PADI sertfikaat vir uitnemendheid aan ons toegeken is! Die eienaar is baie betrokke by die besigheid, en ons ywer konstant om vir jou selfs nóg ‘n beter ervaring te kan bied!
- Ons hou die avontuur en pret in skubaduik
- Ons is passievol oor die see en oor duik
- Vervoer van Kaapstad se middestad is beskikbaar
- Ons hou ons groepe klein, wat meer individuele aandag beteken
- Jy kan verseker wees dat jy deur ‘n goed-opgeleide en professionele PADI-instrukteur geleer word
- Kursusse kan gereël word om jou skedule te pas
- Jy kan nuwe mense ontmoet, pret hê, en vriende maak!
- Ons hou topkwaliteit skubaduiktoerusting aan vir verhurings en verkope
Ons passie vir uitmuntende diens

Ons is erken as 'n PADI 5 ster IDC sentrum, en het al 'n PADI prys gewen.

Ons het al baie Trip-Advisor pryse gewen, en streef steeds na meer!

Ons is die amptelike lede van Kaapstad Toerisme
hoekom moet ek ‘N padi duikkursus kies?
- PADI (Professional Association of Diving Instructors) is die wêreldwye instansie wat die duikkursusse sertifiseer wat by Into the Blue Skubaduik-Sentrum in Kaapstad aangebied word.
- Deur PADI te kies is jy verseker van ‘n baie deeglike en goed-beplande kursus. PADI hou die pret in duik, terwyl hulle jou ook streng veilige skubaduikpraktyke leer.
- Ongeveer 72% van alle onspanningsduikers doen tans hulle duike deur PADI – wat beteken dat jou PADI sertifikasie erken sal word waarookal jy gaan!
Besoek ons PADI KURSUSSE – KAAPSTAD bladsy vir meer inligting oor die verskeie PADI kursusse wat ons aanbied.
ontmoet die span
Theo Prinsloo

Theo is die stigter van Into the Blue Skubaduik-Sentrum in Kaapstad. Hy het sy instrukteurs-kursusse gedoen in 2007, en is gek oor avontuur.
Robyn Rossouw

Robyn het haar instrukteurs-kursusse gedoen in 2015, en het sederdien al by die 350 kursusse aangebied. Sy het al meer as 2000 duike gedoen - maar is nog net so verlief op die see as met haar eerste duik! Sy is veral lief vir riwwe.
Jy kan in Robyn raakloop in die winkel besig om kliente te help, of jy mag haar dalk in die see sien.
Gk Hwata

GK het begin as vry-duiker, en het in 2018 sy instrukteurs-kursusse gedoen. Hy het al meer as 200 studente opgelei, en is bekend vir sy vriendelikheid en geduld.
JP van der Walt

As jy JP se dag wil maak, vertel hom dat hy moet skipper. JP is 'n ervare skipper, asook 'n duik instrukteur. Die see is sy groot liefde.