ontdek skubaduik-kursus inleiding - kaapstad

Wil jy leer hoe om in Kaapstad te duik maar jy het nie tyd om ‘n kursus met lesse te doen wat oor ‘n paar dae strek nie? Of, miskien dink jy daaraan om te begin duik maar jy is nie seker of dit die ding vir jou is nie? Indien dit die geval is, is die Ontdek Skubaduik-kursus, gefasiliteer deur Into the Blue Skubaduik in Kaapstad, net die geleentheid waarna jy soek!

Die kursus is deur PADI geskep as ‘n bekendstelling tot skubaduik, en dit belowe om ‘n prettige en opwindende manier te wees om te leer asemhaal onder die water.

Daar is twee maniere om jou Ontdek Skuba te doen – in die swembad of in die see naby aan Kaapstad

Vinnige oorsig van die Ontdek Skuba-kursus

  • Duur: tussen 1 tot 5 ure, afhangende van die opsie wat jy kies
  • Jy het die keuse om dit in ‘n swembad te doen of iewers in die see rondom Kaapstad
  • Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering
  • Jy moet minstens 10 jaar oud wees

Opsie 1 – Skubaduik in die swembad

Om in die swembad te duik is vir diegene wat eenvoudig net wil voel hoe dit voel om onder die water te wees met al die skubatoerusting aan. Met hierdie opsie word die hele ervaring in ons swembad begelei, en deelnemers het die gemak en stabiliteit van ‘n beheerde omgewing. Na ‘n kort inligtingsessie kry deelnemers die geleentheid om met die toerusting in ons swembad te duik, onder toesig van ‘n gekwalifiseerde PADI-Instrukteur or Duikmeester.

Kursusskedulering vir ‘n sembadduik

Die dag begin by Into the Blue in Kaapstad, waar ons om 09:15 bymekaarkom. Na registrasie sal ‘n PADI-Instrukteur ‘n kort inligtingsessie aanbied oor hoe die toerusting werk. Wanneer jy dan gereed is, begin die pret soos jy in die swembad klim en jou eerste asemteug onder die water neem!

Ons spandeer ‘n bietjie tyd in die swembad waar ons jou ‘n paar vaardighede leer, en ons speel rond onder die water soos jy die opwinding van duik begin ervaar!

Opsie 2 – Skubaduik in die see

Die kursus begin deurdat ons jou in die swembad leer om te duik, dieselfde as met die eerste opsie. Van hier af gaan ons aan na die regte avontuur – duik in die Kaapse see!

Ons betree die see van ‘n rustige strand af, en gaan dan onderwater en leer oor en ontdek skubaduik rondom drie skeepswrakke wat ongeveer vyf meter diep lê. Die seelewe is mal daaroor om rondom die wrakke bymekaar te kom en te groei op die kunsmatige rif – wat beteken dat jy in is vir ‘n wonderlike duik! Kaapstad het ‘n oorvloed in seelewe, so jy sal definitief nie teleurgestel word nie.

Die vaardighede wat jy in hierdie kursus leer tel as krediete vir jou PADI Oopwaterduiker-kwalifikasie, wat ook in Kaapstad aangebied word deur Into the Blue Skubaduik-Sentrum.

Kursusskedule vir swembad-en seeduik rondom Kaapstad

Ons ontmoet om 09:15 by die Into the Blue-winkel in Seepunt, Kaapstad. Na registrasie kyk deelnemers ‘n 45-minute DVD wat verduidelik hoe om die toerusting te gebruik en ook wat jy kan verwag gedurende die duike. Van hier af gaan ons na ons swembad toe, waar die duikinstrukteur jou leer hoe die toerusting werk, en jou ook ‘n paar vaardighede leer om jou gemaklik te laat voel in die see.

Wanneer jy gereed is, gaan ons aan na die regte pret – duik in die see!

Jou dag sal ongeveer 15:00 klaar wees.

ontdek skubaduik-kursus - gereelde vrae

1. Ek het nog nooit geduik nie – kan ek hierdie ervaring meemaak?

Ja! Hierdie ervaring is spesiaal vir mense soos jy ontwerp wat nog nooit geduik het nie of geen duikervaring het nie.

2. Moet ek kan swem?

Ja, jy moet kan swem en gemaklik wees in die water.

3. Hoe fiks moet ek wees?

Jy hoef nie uberfiks te wees om te duik nie, maar jy moet redelik gesond wees. Jy kan ons mediese vraelys hier aflaai en as jy “ja” antwoord op enige van die vrae daarop, sal jy ‘n doktersbrief nodig hê om te kan duik. As jy “nee” op al die vrae antwoord, het jy nie ‘n doktersbrief nodig nie.

4. Kan ek op my eie gaan duik na hierdie kursus?

Nee – hierdie ervaring is nie ‘n kursus wat jou sertifiseer nie – dit is net ‘n manier om die opwinding van duik te ervaar onder die toesig van ‘n PADI-Instrukteur. As jy ‘n gekwalifiseerde duiker wil wees, moet jy die PADI Oopwaterkursus doen.

5. Ek dink daaraan om ‘n Oopwaterkursus te doen – kry ek enige krediete vir hierdie kursus?

Ja! As jy besluit om voort te gaan met jou Oopwaterkursus by ons binne drie maande vandat jy jou Ontdek Skuba seeduike by ons gedoen het, kry jy R500 afslag op jou Oopwaterkursus.

 

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

kevinwF566NQ

Couldn't ask for a better experience - Did an open water scuba dive course and had such an incredible...
time. Everyone there is so friendly and super professional. You can really see how passionate they all are about diving, and giving others the chance to experience what they do everyday.
As an amputee, I was a little apprehensive about what I was getting myself into, but someone was always there to lend a hand (or a foot) when I needed it. Can't imagine there's a better team to dive with.
Will be back for many more fun dives!

Clinton Bobbert

I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can…

I grew up on the sea, always wondered how it must be into the deep blue sea. Then one day me and my wife decided to do an attempt to do scuba diving and I was quite nervous about going under water but thanks to the Into the blue crew and their patience and determination me and my wife found a new hobby and looking forward to go around the world and scuba dive all around the world. So from me and my wife we want to thank Cape Town, South Africa, Into the blue, for what we have experienced and thank you for opening a new world to us! I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can ever make!

Maximilian Nehrkorn

If you want to go dive in Cape Town, this is the place to go!...

5 Star Padi dive centre, offering great packages, with an emphasis on safe diving practices.