ontdek skubaduik-kursus inleiding - kaapstad
Wil jy leer hoe om in Kaapstad te duik maar jy het nie tyd om ‘n kursus met lesse te doen wat oor ‘n paar dae strek nie? Of, miskien dink jy daaraan om te begin duik maar jy is nie seker of dit die ding vir jou is nie? Indien dit die geval is, is die Ontdek Skubaduik-kursus, gefasiliteer deur Into the Blue Skubaduik in Kaapstad, net die geleentheid waarna jy soek!
Die kursus is deur PADI geskep as ‘n bekendstelling tot skubaduik, en dit belowe om ‘n prettige en opwindende manier te wees om te leer asemhaal onder die water.
Daar is twee maniere om jou Ontdek Skuba te doen – in die swembad of in die see naby aan Kaapstad
Vinnige oorsig van die Ontdek Skuba-kursus
- Duur: tussen 1 tot 5 ure, afhangende van die opsie wat jy kies
- Jy het die keuse om dit in ‘n swembad te doen of iewers in die see rondom Kaapstad
- Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering
- Jy moet minstens 10 jaar oud wees
Opsie 1 – Skubaduik in die swembad
Om in die swembad te duik is vir diegene wat eenvoudig net wil voel hoe dit voel om onder die water te wees met al die skubatoerusting aan. Met hierdie opsie word die hele ervaring in ons swembad begelei, en deelnemers het die gemak en stabiliteit van ‘n beheerde omgewing. Na ‘n kort inligtingsessie kry deelnemers die geleentheid om met die toerusting in ons swembad te duik, onder toesig van ‘n gekwalifiseerde PADI-Instrukteur or Duikmeester.
Kursusskedulering vir ‘n sembadduik
Die dag begin by Into the Blue in Kaapstad, waar ons om 09:15 bymekaarkom. Na registrasie sal ‘n PADI-Instrukteur ‘n kort inligtingsessie aanbied oor hoe die toerusting werk. Wanneer jy dan gereed is, begin die pret soos jy in die swembad klim en jou eerste asemteug onder die water neem!
Ons spandeer ‘n bietjie tyd in die swembad waar ons jou ‘n paar vaardighede leer, en ons speel rond onder die water soos jy die opwinding van duik begin ervaar!
Opsie 2 – Skubaduik in die see
Die kursus begin deurdat ons jou in die swembad leer om te duik, dieselfde as met die eerste opsie. Van hier af gaan ons aan na die regte avontuur – duik in die Kaapse see!
Ons betree die see van ‘n rustige strand af, en gaan dan onderwater en leer oor en ontdek skubaduik rondom drie skeepswrakke wat ongeveer vyf meter diep lê. Die seelewe is mal daaroor om rondom die wrakke bymekaar te kom en te groei op die kunsmatige rif – wat beteken dat jy in is vir ‘n wonderlike duik! Kaapstad het ‘n oorvloed in seelewe, so jy sal definitief nie teleurgestel word nie.
Die vaardighede wat jy in hierdie kursus leer tel as krediete vir jou PADI Oopwaterduiker-kwalifikasie, wat ook in Kaapstad aangebied word deur Into the Blue Skubaduik-Sentrum.
Kursusskedule vir swembad-en seeduik rondom Kaapstad
Ons ontmoet om 09:15 by die Into the Blue-winkel in Seepunt, Kaapstad. Na registrasie kyk deelnemers ‘n 45-minute DVD wat verduidelik hoe om die toerusting te gebruik en ook wat jy kan verwag gedurende die duike. Van hier af gaan ons na ons swembad toe, waar die duikinstrukteur jou leer hoe die toerusting werk, en jou ook ‘n paar vaardighede leer om jou gemaklik te laat voel in die see.
Wanneer jy gereed is, gaan ons aan na die regte pret – duik in die see!
Jou dag sal ongeveer 15:00 klaar wees.
ontdek skubaduik-kursus - gereelde vrae
1. Ek het nog nooit geduik nie – kan ek hierdie ervaring meemaak?
Ja! Hierdie ervaring is spesiaal vir mense soos jy ontwerp wat nog nooit geduik het nie of geen duikervaring het nie.
2. Moet ek kan swem?
Ja, jy moet kan swem en gemaklik wees in die water.
3. Hoe fiks moet ek wees?
Jy hoef nie uberfiks te wees om te duik nie, maar jy moet redelik gesond wees. Jy kan ons mediese vraelys hier aflaai en as jy “ja” antwoord op enige van die vrae daarop, sal jy ‘n doktersbrief nodig hê om te kan duik. As jy “nee” op al die vrae antwoord, het jy nie ‘n doktersbrief nodig nie.
4. Kan ek op my eie gaan duik na hierdie kursus?
Nee – hierdie ervaring is nie ‘n kursus wat jou sertifiseer nie – dit is net ‘n manier om die opwinding van duik te ervaar onder die toesig van ‘n PADI-Instrukteur. As jy ‘n gekwalifiseerde duiker wil wees, moet jy die PADI Oopwaterkursus doen.
5. Ek dink daaraan om ‘n Oopwaterkursus te doen – kry ek enige krediete vir hierdie kursus?
Ja! As jy besluit om voort te gaan met jou Oopwaterkursus by ons binne drie maande vandat jy jou Ontdek Skuba seeduike by ons gedoen het, kry jy R500 afslag op jou Oopwaterkursus.