HOEKOM KIES INTO THE BLUE duik SENTRUM KAAPSTAD

Ons Spanteam

Ons passie vir uitmuntende diens

Ons is erken as 'n PADI 5 ster IDC sentrum
Tripadvisor and padi revised 2 9Ons is bekroon met 'n Trip Advisor Sertifikaat van Uitnemendheid
Tripadvisor and padi revised 2 10Ons is die amptelike lede van Kaapstad Toerisme

ct tourism 8



Into the Blue is ‘n top-duikwinkel in Kaapstad. Ons fokus is nie daarop om vir jou die goedkoopste kursus of duik te bied nie – maar eerder om vir jou waarde vir geld te bied – ‘n kwaliteit, veilige ervaring. Wanneer jy saam met ons duik, sal jy goeie en professionele instrukteurs en duikmeesters hê, goed-versorgde toerusting, en ons het ‘n maksimum verhouding van vyf kliënte per duikmeester. Ons mik om altyd minstens twee duikmeesters op ons boot te hê om seker te maak dat, indien jy enige probleme sou ondervind, daar iemand sal wees om jou te help. Dit is deel van die rede hoekom ‘n PADI sertfikaat vir uitnemendheid aan ons toegeken is! Die eienaar is baie betrokke by die besigheid, en ons ywer konstant om vir jou selfs nóg ‘n beter ervaring te kan bied!

 

  • Ons hou die avontuur en pret in skubaduik
  • Ons is passievol oor die see en oor duik
  • Vervoer van Kaapstad se middestad is beskikbaar
  • Ons hou ons groepe klein, wat meer individuele aandag beteken
  • Jy kan verseker wees dat jy deur ‘n goed-opgeleide en professionele PADI-instrukteur geleer word
  • Kursusse kan gereël word om jou skedule te pas
  • Jy kan nuwe mense ontmoet, pret hê, en vriende maak!
  • Ons hou topkwaliteit skubaduiktoerusting aan vir verhurings en verkope

hoekom moet ek ‘N padi duikkursus kies?

  • PADI (Professional Association of Diving Instructors) is die wêreldwye instansie wat die duikkursusse sertifiseer wat by Into the Blue Skubaduik-Sentrum in Kaapstad aangebied word.
  • Deur PADI te kies is jy verseker van ‘n baie deeglike en goed-beplande kursus. PADI hou die pret in duik, terwyl hulle jou ook streng veilige skubaduikpraktyke leer.
  • Ongeveer 72% van alle onspanningsduikers doen tans hulle duike deur PADI – wat beteken dat jou PADI sertifikasie erken sal word waarookal jy gaan!

Besoek ons PADI KURSUSSE – KAAPSTAD bladsy vir meer inligting oor die verskeie PADI kursusse wat ons aanbied.

ontmoet die span

 

Theo

assets/why-img/theo.png

Theo is die stigter van Into the Blue Skubaduik-Sentrum in Kaapstad. Hy het in 1996 begin duik en was van die begin af verlief op die wêreld onder die water. Hy is bekend vir sy vriendelikheid. Diepduike en wrakduike is sy gunsteling tipes duike.

 

Tale: Afrikaans & Engels

Nic

assets/why-img/nic.png

Nic is ‘n prokureur wat op ‘n verfrissingskursus gegaan het, en op die ou einde ingekoop het by ‘n duikskool en is tans ‘n PADI Duikmeester in opleiding. Hy spandeer sy dae in die kantoor en droom oor naweke, wanneer hy kan gaan duik. Nic is seker die enige persoon wat in die aand in sy bad sit met sy masker en snorkel aan terwyl hy sy Divestyle-tydskrif lees. Hy droom daarvan om ‘n PADI-instrukteur te word.

 

Tale: Engels & Afrikaans

Joané

assets/why-img/joane.png

Joané is mal oor die see en glo dat die Sewekiewe-koeihaaie onderwater-troeteldiere is. Sy is ‘n PADI Duikmeester by Into the Blue Skubaduik-Sentrum en werk voor in die winkel om kliënte te verwelkom met haar groot glimlag.

 

Tale: Engels & Afrikaans

Nadia

assets/why-img/nadia.png

Nadia het as ‘n Oopwaterstudent begin by Into the Blue Skubaduik-Sentrum en is nou een van die beste instrukteurs in die skubabedryf. Sy is op haar gelukkigste as sy onder die water kan wees, besig om ander te leer. Nadia is soos ‘n vis in die water, baie gemaklik en sy gebruik geen lug nie!

 

Tale: Engels & Afrikaans

James

assets/why-img/james.png

James het sy eerste duikkursus in 2013 gedoen en het met ‘n groot glimlag uit die water gekom. Hy het sedertdien nog nie opgehou duik nie, en die glimlag is steeds daar! Hy is uiters passievol oor duik, en hy is mal oor apparaatjies (“gadgets”). Hy is ‘n Opleider vir Meester Skubaduikers, en sy mikpunt is om in tegniese duik in te gaan – wat beteken, om nóg dieper te gaan met nóg meer apparaatjies.

 

Tale: Engels

Robbie

assets/why-img/robbie.png

Robbie kom van Zimbabwe en het in 2014 begin duik. Hy het seker al 800 duike aangeteken! Hy is een van die Kaap se gunsteling duikinstrukteurs, met baie geduld en ‘n uitstekende onderrigstyl.

 

Tale: Engels & Shona