< Nitrox-spesialiteit » Skubaduik Kurses Kaap Stad

PADI VERRYKTE LUG DUIKER (NITROX) SKUBADUIK KURSUS KAAPSTAD – INLEIDING

You are diving on one of your favorite scuba dive sites and looking at your computer you realize that it is time to end your dive – your no decompression time is up! It is such a pity, because you are having the time of your life and besides, you still havr 100 bar left in your cylinder!

Extend your no decompression times by scuba diving with Enriched Air! Not only will you be able to stay under water deeper for longer, but you will also come out of the water feeling more energized and refreshed than you would if you had been diving on normal air.

Jy duik by een van jou gunsteling skubaduik plekke en jy kyk na jou rekenaar en besef dat dit tyd is om jou duik af te sluit – jou geen-dekompressie tyd is amper verby! Dit is so jammer, want jy geniet jouself gate uit en jy het buitendien nog 100 bar oor in jou sillinder!

Verleng jou geen-dekompressie tyd deur met Verrykte Lug te duik! Jy sal nie net langer onder die water kan bly nie, maar jy sal ook meer energiek en verfris voel wanneer jy uit die water kom as met vorige duike met gewone lug.

Vinnige oorsig van die PADI Verrykte Lug Skubaduik Kursus in Kaapstad

  • Jy moet jou PADI Oopwaterskuba sertifikasie hê
  • Duur: 1 dag
  • Minimum ouderdom om te skubaduik: 15 jaar
  • Die skubaduik-kursus sal tussen vier en vyf ure duur. Dit fokus op die spesiale vereistes van verrykte-lug toerusting, verskillende lugmengsels, om die PADI Verrykte Lug RDP (PADI Enriched Air RDP – EAD) te gebruik, om suurstofblootstelling te bestuur, spesiale toepassing van Verrykte Lug Duik en om noodgevalle te hanteer wat verband hou met Verrykte Lug Duik
  • Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering

PADI VERRYKTE LUG SKUBADUIKKURSUS STRUKTUUR

Die PADI Verrykte Lug Kursus word normaalweg in die middag of aand gedoen, hier by die Into the Blue Skubaduik-sentrum in Kaapstad. Alhoewel ons net die teorie doen in hierdie kursus, is daar ‘n opsionele skubaduik wat ook gedoen kan word. Hierdie skubaduik word normaalweg op ‘n ander dag as die teorie gedoen. Jy sal die volgende leer:

Teorie

Dit bestaan uit twee dele:

  • Kyk van die PADI Verrykte Lug Duik video
  • Lees, voltooi en hersien die PADI Verrykte Lug Duikhandleiding en kennisbesprekings

Prakties

  • Suurstofanalise
  • Om Verrykte Lug sillinders vol te maak
  • Die gebruik van GLD, Gelykstaande Lugdiepte-formule (Equivalent Air Depth – EAD)
  • Suurstof parsiële druk-formule

PADI VERRYKTE LUG DUIKKURSUS – GEREELDE VRAE

1. Hoekom sal ek die Verrykte Lug Duikkursus wil doen?

Dit verleng jou duiktye deur jou nie-dekompressie limiete te verleng, wat jou dus in staat stel om vir langer dieper te duik. Dit beteken dat jy jou duike meer kan geniet omdat jy meer sal kan verken van jou gunsteling duikplekke sonder om bekommerd te wees dat jou lug gaan opraak.

2. Is dit moeilik?

Met die goeie opleiding wat jy uit hierdie kursus gaan kry, is dit nie moeilik nie. Jy sal verskillende verrykte lugmengsels, behoorlike hervulling en suurstofanalise-tegnieke kan verstaan. As jy eers die teorie agter dit verstaan kan dit net so maklik wees soos gewone duik.

3. Is dit gevaarlik om verrykte lug te gebruik?

Nee, dit is nie gevaarlik nie, as gevolg van die uitgebreide opleiding wat jy ontvang met hierdie kursus wat jou leer om binne veilige limiete te duik. Die kursus beklemtoon ook spesiale noodgevalprosedures vir Verrykte Lug, so jy is dus altyd voorbereid vir watookal na jou kant toe mag kom.

4. Hoe lank kan ek onder bly?

Verrykte lug verleng jou nie-dekompressie limiete so dus sal dit jou totale tyd verleng wat jy onder die water kan bly. Met hoe lank jou duiktye verleng word, verskil van persoon tot persoon en hang af van jou lugverbruikkoers en baie ander faktore.

5. Wat beteken EANx32 en EANx36?

EANx32 en EANx36 is die mees algemene tipes verrykte lugmengsels wat mens kry. Die nommers 32 en 36 verteenwoordig die persentasie suurstof wat in die mengsel is. Dus, in EANx32 het jy 32% suurstof in die lugmengsel, teenoor die gewone 21% in normale lug.

6. Sal mens dekompressie stoppe moet hê?

Nee, met die PADI Verrykte Lug Duikerkursus verleng jy net jou nie-dekompressie limiete en dus hoef jy nie dekompressie stoppe te maak soos Tec Duikers nie.