< Droë-duikpak spesialiteit » Skubaduik Kurses Kaap Stad

PADI DroËpakspesialiteit-skubakursus kaapstad - inleiding

Is jy een van daardie mense wat maklik koud kry? Is dit die koue wat gereeld voorkom dat jy herhaalde duike doen en dan mis jy uit op die pret? Of wil jy net jou duikervaring meer gemaklik maak en jou skubaduiktye verleng? Dan is die PADI Droëpak-spesialiteit definitief vir jou!

Om met ‘n Droëpak te kan duik sal jou horisonne geweldig verbreed. Jou lys van moontlike reisbestemmings raak groter en dit dra by tot die gemak wat jy met ‘n duik voel wat jou in staat stel om vir langer in koue water te skubaduik, en dit te geniet!

Hierdie spesialiteit stel jou in staat om te ervaar hoe dit sal voel om die koeligheid te elimineer uit duik in koue water, en om die pret terug te bring.

Vinnige oorsig van die PADI Droëpakspesialiteit-skubakursus in kaapstad

  • Jy moet jou PADI Oopwater-sertifikasie hê
  • Duur: 3 duike (minimum 2 dae)
  • Minimum ouderdom: 12 jaar
  • Hierdie kursus strek oor twee dae waar jy die eerste dag in die swembad sal spandeer, of jy kan een duik in waters wat begrens is doen. Die tweede dag sal bestaan uit twee oopwaterduike waar jy die tegnieke sal leer van duik met ‘n droëpak.
  • Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek, warm onderklere om onder jou droëpak te dra, en ‘n versnappering

PADI DRoËpakspesialiteit-skubakursus struktuur

Ons kom elke oggend by Into the Blue-winkel in Kaapstad bymekaar as ons sentrale beginpunt. Hier doen ons registrasie, teorie en ons kry jou skubatoerusting bymekaar. Ontmoetingstye is gewoonlik so 09:15. Jy kan verwag om tussen 15:00 en 18:00 in die middag klaar te wees, afhangende van waar ons op die dag duik. Jou kursus sluit beide teorie en praktiese aspekte in, en dit bestaan uit die volgende:

Skuba Teorie

Daar is twee teorie-elemente aan die kursus:

  • Deelnemers moet die PADI Droëpakduik-DVD kyk
  • Deelnemers moet die PADI Droëpak-duikhandleiding lees, voltooi en die kennisbesprekings hersien

Prakties

  • Begrensde waters:
    • Evaluering van toerusting en uitrusting met ‘n droëpak
    • Droëpak-duikvaardigheide
  • Oopwaterduik een:
    • Neutrale dryfvermoë-beheer
    • Doen ‘n pret-skubaduik!
  • Oopwaterduik twee:
    • Diskonnekteer en konnekteer die lae-druk pomp van die droëpak
    • Doen ‘n pret-skubaduik!
    • Neutrale drywingstyging

PADI DRoËpak-spesialiteitskursus-gereelde vrae

1. Voorsien julle ‘n droëpak of moet ons ons eie hê?

Ons het ‘n beperkte hoeveelheid droëpakke, so as ons jou grootte het kan jy een huur, maar as ons nie jou grootte het nie, sal jy jou eie een moet kry.

2. Hoe diep skubaduik ons?

Vir hierdie duikspesialiteit hoef jy nie dieper as 18 meter te duik nie.

3. Hou dit mens heeltemal droog?

Nee, dit hou mens nie heeltemal droog nie, want mens se hande en gesig word nie deur die droëpak bedek nie, so dit word nat, alhoewel die res van jou droog behoort te bly.

4.  Is dit gemaklik?

Ja! Dit is baie gemaklik! Jy behoort glad nie koud te kry nie.

5. Hoekom sal ek die droëpakkursus wil doen?

As jy maklik koud kry en jy jou duikervaring meer gemaklik en genotvol wil maak, dan is hierdie kursus vir jou. Jy mag miskien nooit weer terug gaan na ‘n normale duikpak toe nie!

6. Is droëpakke duur?

Scubapro Droëpakke kos tussen R8295 en R9995, maar die voordeel van ‘n droëpak is dat dit baie lank sal hou as dit goed versorg word, so die voordele weeg swaarder as die koste.

7. Is dit moeilik?

Met die behoorlike opleiding wat jy van hierdie kursus kry, is dit nie so moeilik nie.