< Duikmeester kurses » Skubaduik Kurses Kaap Stad

PADI Duikmeester skubaduik-kursus kaapstad-inleiding

Wil jy skubaduik jou voltydse of deeltydse loopbaan maak? Word dan ‘n PADI Duikmeester.

Duikmeester is die eerste professionele vlak in skubaduik. As jy mal is oor skubaduik, sal dit jou duikavontuur na ‘n hele nuwe vlak toe neem om ‘n Duikmeester te word. Met jou PADI Duikmeester-sertifikaat kan jy skubaduik omskep in jou voltydse of deeltydse beroep. Dit is waar die strand verander in jou kantoor. Omring jouself met sonskyn, avontuur, en lewenslustige mense, en doen waaroor jy mal is!

PADI is die wydste erkende sertifiseringsoutoriteit ter wêreld en om ‘n PADI Duikmeester te word is ‘n uitstekende idee as jy graag reis. Van Kaapstad na Thailand, Mosambiek, Tanzanië, die Karibiese Eilande, Meksiko, die Groot Koraalrif (“Great Barrier Reef”) in Australië, die Middelandse See (“the Meditteranean”), en vele meer. Voeg al hierdie stempels by in jou paspoort as jy as PADI Duikmeester werk in van die mees eksotiese plekke op aarde. As jy nog steeds nie tevrede is nie, spring op ‘n seiljag of ‘n passasierskip en doen dit waaroor jy mal is!

Goed-opgeleide en bekwame Duikmeesters is noodsaaklik vir enige skubaduik-besigheid. Dit is dus belangrik dat mens jou opleiders en mentors sorgvuldig kies – om te verseker dat jy die beste kwaliteit en opleiding kry as wat jy kan. Into the Blue Duiksentrum in Kaapstad het ‘n voltydse IDK-Personeelinstrukteur, wat beteken dat jy seker kan wees dat jy die beste opleiding sal kry.

Vinnige oorsig van die PADI Duikmeester skubaduik-Kursus in Kaapstad

Hierdie kursus kan teen jou eie pas voltooi word. Afhangende van jou skedule en die seisoen, kan dit oor ‘n paar weke of selfs ‘n jaar strek. Die minimum tyd waarin jy die prakties kan doen is 24 dae.

Jou dae sal gewoonlik 08:30 in die oggend begin, by ons Kaapstad-kantoor, en teen 18:00 die middag klaarmaak.

Ons verkies dat jy jou Duikmeester-studies op ‘n internskap-basis doen. Dit beteken dat jy deel van ons personeel sal word vir die tyd wat jy jou kursus by ons doen, en ons sal jou betrek by die dag-tot-dag bestuur van die duikwinkel in Kaapstad. Die idee agter dit is dat jy die maksimum hoeveelheid blootstelling in die bedryf kan kry en die innerlike werkinge van die duikwinkel eerstehands kan ervaar. So kan jou vaardighede van regte waarde wees vir enige duikwinkel wat van jou dienste gebruik mag maak in die toekoms.

Jy sal die volgende leer:

  • Begelei gesertifiseerde duikers en onderwatertoere in Kaapstad
  • Assisteer in die opleidingsfasset van kursusse in Kaapstad
  • Bied PADI Ontdek Skubaduik-kursusse aan (nadat jy die kursus vir DSD-leiers gedoen het)
  • Lei Ontdek Plaaslike Duike-Oriëntasies
  • Werk by duiksentrums, vakansieoorde, passasierskepe en seiljagte
  • Leer en sertifiseer PADI “skin” duikers

PADI Duikmeester skubaduik-kursus struktuur

Die PADI Duikmeesterkursus bestaan uit die volgende:

PADI Duikmeester Skubaduik-Kursus - Kennis Ontwikkeling:

Hierdie kursus het ‘n beduidende komponent. Jy sal die antwoord op amper elke vraag leer wat jy al ooit gehoor het!

Temas wat gedek sal word in jou Duikmeester-studies:

  • Die rol en eienskappe van ‘n PADI-Duikmeester
  • Om duikaktiwiteite vir gesertifiseerde duikers te oorsien
  • Assisteer studenteduikers in opleiding
  • Skubaduik-teorie inleiding
  • Fisika
  • Fisiologie
  • Duiktoerusting
  • Dekompressie-teorie en duiktabelle
  • Risikobestuur
  • Besigheid van duik
  • Om jou skubaduik-loopbaan verder te voer
  • 24 basiese watervaardighede wat die student teen ‘n hoë standaard moet kan uitvoer teen die einde van die kursus
  • Suksesvolle uitvoering van ‘n gesimuleerde reddingsduiker-scenario van ‘n duiker wat nie asemhaal nie en nie reageer nie
  • Om ‘n duikvaardigheid teen demonstrasie-kwaliteit te kan uitvoer

PADI Duikmeester Skubaduik-Kursus - Watervaardighede en Stamina

WATERVAARDIGHEDE

STAMINA

Die volgende sal gedoen word om jou stamina en fiksheid te toets:

  • 400 meter swem waar tyd gehou sal word
  • Watertrap vir 15 minute, met hande bo die water vir die laaste twee minute
  • 800 meter snorkel (sonder stop) waar tyd gehou sal word
  • 100 meter waar jy ‘n duiker wat moeg is moet sleep

PADI Duikmeester Skubaduik-Kursus - Praktiese Toepassing

Gedurende jou tyd as ‘n Duikmeester-student sal jy die praktiese vaardighede van ‘n tipiese Duikmeester by ons Kaapstad-winkel beoefen:

  • Drie opleidingsoefeninge
  • Die maak van kaarte
  • Onderwater probleemoplossing
  • ‘n Duikmeester-begeleide program
  • Om ‘n instrukteur te assisteer met PADI-Kursusse
  • Om gesertifiseerde duikers te lei met ‘n duik
  • Om duikplekke voor te berei en te bestuur

In hierdie afdeling van die kursus ontwikkel jy jou Duikmeester-vaardighede saam met studente in opleiding, onder toesig van ‘n PADI-duikinstrukteur.

Nadat jy jou PADI Duikmeester-kursus voltooi het, is daar ‘n registrasiefooi van 73 Euro betaalbaar aan PADI.

PADI duikmeester skubaduik-kursus - gereelde vrae

1. Is my Duikmeester-sertifikaat net in Kaapstad geldig?

Nee, deur PADI is jou sertifikaat wêreldwyd geldig.

2. Hoe kan ek werk kry nadat ek gekwalifiseer het as Duikmeester?

As ‘n PADI Duikmeester sal jy by die “pro”-afdeling van PADI se webwerf kan ingaan. Op PADI se webwerf is daar ‘n bladsy waar duiksentrums van oor die hele wêreld hul beskikbare poste adverteer.

3. Wat is volgende?

Word ‘n PADI-Instrukteur! Vat jou opleiding na die volgende vlak en raak ernstig betrokke by die opleiding van diegene wat wil skubaduik.