< Snorkel saam met robbe » Skubaduik Kurses Kaap Stad

SNORKEL saam met robbe - inleiding

Om saam met robbe te snorkel is groot pret! Hierdie diere is soos “onderwater honde”. Terwyl hulle baie stadig (en ‘n bietjie knorrig) is buite die water, verander hulle in spelerige akrobate wanneer hulle in die water is – in hulle element!

Die meeste aksie van die robbe is gewoonlik in die boonste vyf meter van die see, en hulle kom tot reg by die oppervlak om asem te haal, wat beteken dat jy deel kan wees van die aksie terwyl jy snorkel. Robbe kom tot reg by ‘n mens, kyk jou in die gesig, blaas borrels, blaf, en speel! Partykeer kan jy honderde robbe rondom jou hê, wat dit ‘n waarlike skouspelagtige seelewe-gebeurtenis maak om te sien!

Is jy nie ‘n gesertifiseerde duiker nie? Geen probleem! Jy kan saam met jou skuba-vriende kom op hierdie uitstappie – laat hulle onder duik terwyl jy bo snorkel. Met hierdie aktiwiteit is jy verseker van net soveel pret as die duikers!

SNORKEL saam met robbe - program

SNORKEL saam met robbe - ander inligting

Gallery