< Skeepswrak duike » Skubaduik Kurses Kaap Stad

inleiding - skubaduik by skeepswrakke

In die jaar 1448 het die eerste Europese skip rondom die Kaapse Skiereiland gevaar, onder die bevel van Bartolomeu Dias. Nadat die skip van koers gewaai het deur ‘n storm, het hy die Kaap die “Kaap van Storms” gedoop – en daardie naam het deur die eeue weerklink soos ongeveer 800 skepe daarna rondom Kaapstad gesink het!

Vir ongeveer 400 jaar, tot en met die Suez-kanaal in Egipte geopen is, was die roete rondom die Kaap die belangrikste en mees haalbare een tussen die ooste en weste. Dit het gesorg dat Kaapstad ryk is aan skeepswrakke. Die wrakke sluit wrakke in van 37 verskillende nasies, wat wrakke insluit van die Potugese, die Nederlanders, Engelse, die Franse Oos-Indiese Kompanjie, die Britse Weermag, Olietenkskepe, 19de eeuse passasiersskepe, Wêreldoorlog I en Wêreldoorlog II, en die lys gaan nog aan!

Met soveel uitstekende wrakke om te verken in Kaapstad, as die gogga jou eers byt, is al wat jy gaan wil doen om te duik, duik, duik!

Onder is net party van die wrakke waarby ons skubaduik in Kaapstad.

skubaduik by skeepswrakke - sas pietermaritzburg (PMB)

Met ‘n volle naam soos SAS Pietermaritzburg, is dit geen wonder dat duikers dit na ‘die PMB’ verkort nie. Hierdie duikplek is een kilometer vanaf Millerspunt se strand in Kaapstad en is baie gewild. Die wrak is ongeveer 70 meter lank en het in 1994 gesink.

Geskiedenis van SAS Pietermaritzburg

Hierdie skip was oorspronklik ‘n mynveër wat deel was van die Britse Vloot gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die skip se naam was oorspronklik die HMS Pelorus en was een van die duisende skepe wat deelgeneem het in die inval van Normandië op 6 Junie 1944, algemeen bekend as D-Dag. Die HMS Pelorus het die inval gelei en die area gevee vir seemyne voor die invalvloot aangeval het.

Die skip is later, in 1947, aan die Suid-Afrikaanse Vloot verkoop, waar dit toe herbenoem is as HMSAS Pietermaritzburg. Hier was dit vir opleiding gebruik en om te vee vir seemyne. Nadat die skip onthef is, was die skip gebruik as ‘n vorm van akkommodasie vir die eskader van Mynteenmaatreëls gedurende die jare 1968 tot 1991. Op 12 November 1994 was dit doelbewus gesink om deel te vorm van ‘n kunsmatige rif in die area naby Kaapstad.

SAS Pietermaritzburg skubaduik feite:

skubaduik by skeepswrakke – SS MAORI

Langs die rotsagtige kuslyn van Karbonkelberg lê die oudste en een van die gewildste wrakduik plekke in Kaapstad. Dit is ongeveer 7.5 kilometer van Houtbaai se hawe af geleë en die wrak is slegs toeganklik met ‘n bootduik. Dit is gestrand op ‘n rotsagtige rif met ‘n totale lengte van 122 meter en is in ‘n ongelooflike goeie toestand vir haar ouderdom – die SS Maori bied elke keer ‘n nuwe ervaring! Interessante dinge op die wrak is onder andere die stoomenjin, die spoorlyne vir vragte, en vele meer!

Geskiedenis van SS Maori

Die SS Maori was oorspronklik ‘n stoomgedrewe vragskip wat in die 1880’s gebou is, en het op 5 Augustus 1909 op koers tussen Londen en Nieu-Seeland omgeslaan. Die skip het slegte weer teëgekom in die Kaap en het van koers geraak en langs Sandybaai omgeslaan. Die skip het ‘n groot hoeveelheid goedere van Britse vervaardigers gedra, van spoorlyne tot polfstowwe; pype tot breekware. Van die bemanningslede op die skip is 32 van die 53 oorlede. ‘n Groot deel van die wrak is herwin vir toebehore en meeste van die breekware is gevat, alhoewel dit nou beskerm word deur die wet op die verwydering van artefakte. Die klok van die skip kan in die Houtbaai Museum in Kaapstad gesien word.

SS Maori skubaduik feite:

Skubaduik by skeepswrakke – ANTIPOLIS

Antipolis is ‘n redelike nuwe wrak wat oorkant die Twaalf Apostels in Oudekraal geleë is. Die hoofsaaklik herwinde oorblyfsels lê omtrent 20 meter van die kuslyn op ‘n rotsagtige rif. Interessante dinge op die wrak is klomp kreef wat die wrak bewoon, en die pomp/ketelkamer wat redelik ongeskonde is en groot genoeg is om deur te swem.

Geskiedenis van Antipolis

Die tenkskip Antipolis was saam met ‘n ander tenkskip, die Romelia, deur ‘n sleepboot van Griekeland na die Verre Ooste, via Kaapstad, geneem om aan skrootmetaalhandelaars verkoop te word. ‘n Sterk Noordwestelike storm het egter die tou wat die tenkskepe aan die sleepboot vasgehou het op die seebodem laat vashaak en die tou het gevolglik gebreek, wat veroorsaak het dat die die Antipolis op 28 Julie 1977 gestrand geraak het. As gevolg van die skip se nabyheid aan die kus, was die wrak in ‘n nagklub omskep vir jong mense, en mense het op die wrak partytjie gehou. Die wrak het selfs ‘n kroeg gehad! Die wrak is egter gesluit en later herwin toe dit te onstabiel geraak het.

Antipolis skubaduik feite:

skubaduik by skeepswrakke – SS CLAN STEWART

Die SS Clan Stewart is ‘n wrak wat 100 meter van Simonstad se kus by Makerelbaai in die Kaap lê. Met verskeie spesies seelewe en ‘n interessante skeepswrak met die enjin, ketels en skagte wat verken kan word, is dit ‘n baie opwindende wrak om by te duik! Wees net versigting vir skerp ysterhoeke wat uitsteek. Party van die skip se kenmerke kan van die kus af gesien word tydens laagwater.

Geskiedenis van SS Clan Stewart

Hierdie Britse stoomskip het ‘n vrag steenkool vervoer toe dit op 21 November 1914 gestrand geraak het. Die SS Clan Stewart weeg ongeveer 3500 ton en is deur ‘n sterk Kaapse Suidoosterlike wind tot op die kus gedryf – ‘n wind wat die skip selfs veroorsaak het om sy anker al die pad saam te sleep! Daar is vir vier maande lank daaraan gewerk om die skip weer te kry om te dryf, maar dit was tevergeefs, en so het die SS Clan Stewart een van vele wrakke in die Kaap geword.

SS Clan Stewart skubaduik feite:

  Skubaduik by skeepswrakke - smitswinkelbaai wrakke

In Smitswinkelbaaie is daar meer as vyf wrakke wat mens met een duik kan besoek! Hierdie wrakke is onder andere die SAS Transvaal, die MV Orotava, die Princess Elizabeth, die SAS Good Hope en die MV Rockeater. Die duik strek oor 400 meter en bedek al vyf wrakke, wat begin by die SAS Transvaal en gaan tot by die MV Rockeater.

Geskiedenis van Smitswinkel Bay Wrecks

Die SAS Transvaal was ‘n Loch-klas vragskip wat na die Suid-Afrikaanse Vloot in Kaapstad gestuur is vir konstruksie in die 1940’s. In 1978 is die skip, wat nou vir skrootmetaal verkoop was, gesink om ‘n kunsmatige rif in Smitswinkelbaai te skep.

Die MV Orotava was ‘n Britse skip wat in 1958 gebou is. Dit was ‘n staaltreiler en is geskenk aan die Valsbaai Bewaringsgemeenskap. Saam met dit is die MV Princess Elizabeth-treiler ook geskenk, wat sleg beskadig is in ‘n brand. Die twee treilers is in 1983 gesink.

Die SAS Good Hope was ook ‘n Loch-klas vragskip wat na die Suid-Afrikaanse Vloot gestuur is vir konstruksie in die 1940’s saam met die SAS Transvaal. Die skip het as ‘n konvooi-begeleider gewerk teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog, en is ná dit as ‘n vlagskip vir die Suid-Afrikaanse Vloot gebruik tot in 1978 toe dit vir skrootmetaal verkoop is en gesink is.

Die MV Rockeater was ‘n Amerikaanse kusvragskip wat deur die Verenigde State se Vloot gebruik is in 1945. Dit is in 1964 deur Ocean Science and Engineering South Africa gekoop, en is gebruik om opnames te maak vir kaartprofilering. Die skip het ook bestaan uit ‘n boorkraan wat gebruik is om kerneksemplare te neem. Die boorkraan kan ook langs die wrak gesien word, omdat dit voor die tyd afgesny is. Die skip is in Desember 1972 gesink.

Smitswinkelbaai - Wrakke scubaduik feite:

Gallery