< Natuurduike » Skubaduik Kurses Kaap Stad

NATUUR-/RiFDUIKE KAAPSTAD – INLEIDING

 

Natuurduike (of koraalrifduike) in Kaapstad is ideaal vir beginners. Hierdie duike vereis oor die algemeen slegs ‘n Oopwater-sertifikasie. Met ons rifduike kry jy die geleentheid om die wonders van die Kaapse see te ontdek.

Dit sluit in om tussen die kelpwoude te swem, omring met vele spesies visse, ‘n magdom helder kleure te sien van die groot Nudibranch-kolonies (sagtelyf-mariene mollusk), om nie eers te praat van die wye verskeidenheid pylsterte, mossels, seesponse en jellievisse nie.

Met ons natuurduike verken ons van die beste duikplekke wat die Kaap kan bied en sorg vir ‘n uitstekende avontuur. Hier onder kan jy van ‘n paar van ons gewildste natuurduike lees:

SKUBADUIK-PLEK: SANDY COVE, KAAPSTAD

Soos die naam aandui is Sandy Cove ‘n sanderige rif met ‘n paar rotse in ‘n beskutte baai wat dit perfek maak vir beginners of diegene wat ‘n strandduik verlang wat relatief geen oppervlakswem vereis nie. Dit is oorkant die Twaalf Apostels Hotel in Oudekraal, naby Kaapstad, geleë en dit is waarheen meeste van die plaaslike duikers gaan. Die seelewe wat jy kan verwag om te sien strek van klein skole Hottentots, tot rotse oortrek met Nudibranch-kolonies. Daar is selfs ‘n paar kortstert-pylsterte om te sien as jy regtig gelukkig is!

Sandy Cove skubaduik-feite:

 SKUBADUIK-Plek – JUSTIN’S CAVES, KAAPSTAD

Justin’s Caves is ‘n rotsagtige rifverskyning wat oorkant die Twaalf Apostels Hotel in Oudekraal, Kaapstad geleë is, en is ‘n gunsteling plek vir meeste plaaslike duikers. Hierdie duikplek sluit “grotte” in waardeur mens kan swem, omring met ‘n beeldskone kelpwoud. Die seelewe wat jy kan verwag om te sien strek van klein skole visse, tot Nudibranch-kolonies en mossels. Daar is hope seesponse, see-egels, helderkleurige see-anemone en selfs sagte en harde koraal! Die verskeidenheid in kleure is wat dit een van die mees kleurvolle duike in Kaapstad maak. Ons is partykeer gelukkig genoeg om ‘n pofadderhaai by hierdie duikplek te sien.

Justin’s Caves skubaduik-feite:

 SKUBADUIK-PLEK – A-FRAME, KAAPSTAD

A-Frame is ‘n rotsagtige rif wat in die Oatlands-area van Simonstad in die Kaap geleë is. Dit is ‘n duikplek wat geskik is vir onervare duikers en het ook interessante aspekte vir diegene wat meer ervare is. Die duikplek het sy naam gekry van ‘n hout-driepoot (“tripod”) wat gebruik was vir navigasie. Daar is baie ongewerwelde seediere soos seesponse en see-anemone en selfs koraal wat die rots-oorhange bedek en partykeer deur swem. Mossels en perlemoen kan ook hier gesien word.

A-Frame skubaduik-feite:

 SKUBADUIK-PLEK – WINDMILL-STRAND, KAAPSTAD

Windmill-strand is in Simonstad in die Valsbaai-area in die Kaap geleë. Die duikplek het ‘n sanderige seebodem topografie met groot granietrotse teen die kuslyn. Daar is ‘n paar torings aan die noordoostelike kant van die duikplek. Marienelewe wat by hierdie duikplek te siene is, is ongewerweldes soos Nudibranch en klein skole visse.

Windmill-strand skubaduik-feite:

Gallery