< Duik saam met robbe » Skubaduik Kurses Kaap Stad

skubaduik saam met robbe in kaapstad - inleiding

Om saam met robbe te skubaduik in Kaapstad is ‘n móét vir elke skuba-entoesias. Verken die kelpwoude rondom Duikereiland, Patridge Point en Strawberry Rocks en word vermaak deur hierdie beeldskone diere.

Anders as wanneer hulle bo die water is, waar hulle stadig en lomp is, is robbe ongelooflik rats onder die water. Hulle bly in hegte kolonies en dit gebeur gereeld dat ons dosyne van hulle per keer onder die water ontmoet wanneer ons naby aan hulle gaan skubaduik.

Hulle is spelerige en nuuskierige diere en is ook bekend as die narre van Kaapstad. Hulle is mal daaroor om rondom skubaduikers te swem en is geneig om jou duikervaring ‘n onvergeetlike een te maak.

Daar is drie duikplekke waar ons saam met hulle kan skubaduik.

skubaduik saam met robbe - strawberry rocks

Hierdie duikplek is noord van Sandy Cove geleë, oorkant die Twaalf Apostels Hotel in Oudekraal. Daar is twee groot granietrotste wat bo die water uitsteek en is die tuiste van ongeveer 70 Kaapse pelsrobbe. Ten spyte van die spelerige robbe wat daar gevind kan word, is dit ook die tuiste van klomp aarbei-anemone (“strawberry anemones”) en ander kleurvolle ongewerweldes. Met ‘n interessante rotsrif aan die noordelike kant en ‘n digte kelpwoud in die suide, is die duikplek heeltemal die relatiewe ver swem werd.

Strawberry Rock duikfeite

skubaduik saam met robbe - duikereiland

Duikereiland staan ook bekend as Rob-eiland en is onder die Sentinel in Houtbaai geleë. Dit is ‘n gewilde bestemming vir duikers en toeriste. Dit is omdat die groot granietrotse die tuiste is van duisende Kaapse pelsrobbe, een van die Kaap se grootste kolonies. Hierdie duik is een waar jy gewaarborg is om klomp van hulle in die digte kelpwoude te sien wat rondom die eiland is. Maak seker jy bring jou kamera saam!

Duikereiland duikfeite

skubaduik saam met robbe - partridge point

Die duikplek van Seal Rock is in Partridge Point in Valsbaai geleë, naby aan Millerpunt. Die duikplek bestaan nie net uit die vanselfsprekende Kaapse pelsrobbe nie, maar ook ‘n diep rif aan die oostelike kant. Hierdie duikplek het helderkleurige en vele ander ongewerweldes, wat dit ‘n baie uiteenlopende en interessante duikplek maak om te besoek vir liefhebbers van beide groot en klein vorme van seelewe.

Partridge point duikfeite

 

Gallery