Mediese Vraelys

Jou veiligheid is vir ons uiters belangrik. Om daardie rede vra ons dat jy asseblief deur hierdie Mediese Vraelys lees voordat jy een van ons skubaduik-kursusse bywoon. Ons wil hê dat jy dit moet doen om vas te stel of jy gesond genoeg is om saam met ons te skubaduik.

Die doel van hierdie Mediese Vraelys is om uit te vind of jy deur ‘n dokter ondersoek moet word voordat jy deelneem in duikopleiding vir ontspanningsdoeleindes. Jy hoef nie die vorm te onderteken nie. Jy hoef slegs deur dit te lees om vas te stel of jy ‘n dokter moet konsulteer. Ons  vereis egter dat jy die vorm onderteken voordat jou onderrig begin (jy kan dit by ons Skubaduik-sentrum in Kaapstad doen).

‘n Positiewe antwoord op ‘n vraag diskwalifiseer jou nie noodwendig om te mag duik nie. ‘n Positiewe antwoord beteken slegs dat daar ‘n voorafbestaande kondisie kan wees wat jou veiligheid kan affekteer terwyl jy duik en dat jy die raad van jou dokter moet kry voordat jy aan skubaduik-aktiwiteite deelneem.

So, as jou antwoord op elke vraag negatief is, kan ons begin met jou skubaduik-opleiding. As jy positief sou antwoord op ‘n vraag, konsulteer asseblief eers jou dokter voordat jy ‘n skubaduik-kursus bywoon.


medical button