Huur van toerusting (volle stel): R750 per dag, insluitend 1 sillinder, R170 per ekstra sillinder
Optioneel: Huur 'n Go Pro vir R450 per dag
MBA-permit (geldig vir een maand): R45
Pretduik pakkette
2 strandduike pakket met toerusting en MBA-permit ingesluit: R2200 (1 dag)
2 bootduike pakket met toerusting en MBA-permit ingesluit: R2500 (1 dag)
Wil jy baie duik ? Koop 'n Bootkaart wat 10 duike & lug insluit vir slegs R5000! Toerusting huur met 'n boot kaart kos R600 per dag, en jy het 'n jaar om die duike te gebruik, waarna die kaart verval.
Ook ingesluit by ons pakketpryse is die volgende:
GRATIS oplaai en aflaai by jou hotel indien benodig (in die sentrale Kaapstad area, vir 2 duike of meer)
GRATIS wi-fi in ons winkel
GRATIS was van enige toerusting wat jy gaan gebruik
Ons het gevind dat meeste van ons kliënte verkies om die meeste van die dag te maak deur minstens twee duike te doen. Ons sal byvoorbeeld ‘n duik saam met robbe kombineer met ‘n wrakduik of rifduik in die nabye omgewing.
Hoekom sal u ons gebruik?
Into the Blue is die beste duikwinkel in Kaapstad. Ons fokus is om vir jou waarde vir geld te bied – ‘n kwaliteit, veilige, pret ervaring. Wanneer jy saam met ons duik, sal jy die volgende kry:
Goeie en professionele instrukteurs en duikmeesters
Goed-versorgde toerusting (ons toegewyde tegnikus gaan minstens een maal per week deur al ons toerusting om te soek na enige probleme)
n Verhouding van maksimum vyf kliënte per duikmeester of instrukteur. Ons mik om minstens twee duikmeesters op ons boot te hê, om seker te maak dat iemand jou kan bystaan indien jy enige probleme ondervind
Anders as baie ander duikskole, mik ons om te duik waar die weerstoestande die beste is vir die dag – ons is bereid om na duikplekke te gaan wat verder is, indien nodig, om goeie duiktoestande te kry
Om saam met robbe te skubaduik in Kaapstad is ‘n móét vir elke skuba-entoesias. Verken die kelpwoude rondom Duikereiland, Patridge Point en Strawberry Rocks en word vermaak deur hierdie beeldskone diere.
Anders as wanneer hulle bo die water is, waar hulle stadig en lomp is, is robbe ongelooflik rats onder die water. Hulle bly in hegte kolonies en dit gebeur gereeld dat ons dosyne van hulle per keer onder die water ontmoet wanneer ons naby aan hulle gaan skubaduik.
Hulle is spelerige en nuuskierige diere en is ook bekend as die narre van Kaapstad. Hulle is mal daaroor om rondom skubaduikers te swem en is geneig om jou duikervaring ‘n onvergeetlike een te maak.
Daar is drie duikplekke waar ons saam met hulle kan skubaduik.
skubaduik saam met robbe - strawberry rocks
Hierdie duikplek is noord van Sandy Cove geleë, oorkant die Twaalf Apostels Hotel in Oudekraal. Daar is twee groot granietrotste wat bo die water uitsteek en is die tuiste van ongeveer 70 Kaapse pelsrobbe. Ten spyte van die spelerige robbe wat daar gevind kan word, is dit ook die tuiste van klomp aarbei-anemone (“strawberry anemones”) en ander kleurvolle ongewerweldes. Met ‘n interessante rotsrif aan die noordelike kant en ‘n digte kelpwoud in die suide, is die duikplek heeltemal die relatiewe ver swem werd.
Strawberry Rock duikfeite
Diepte – 10 tot 15 meter
Boot/Strand – Strand
Minimum kwalifikasie – Oopwater
Moontlike aandduike – Nee
Bykomende toerusting? – Onderwaterkamera
Beste tyd om te gaan? – Oktober tot Mei
skubaduik saam met robbe - duikereiland
Duikereiland staan ook bekend as Rob-eiland en is onder die Sentinel in Houtbaai geleë. Dit is ‘n gewilde bestemming vir duikers en toeriste. Dit is omdat die groot granietrotse die tuiste is van duisende Kaapse pelsrobbe, een van die Kaap se grootste kolonies. Hierdie duik is een waar jy gewaarborg is om klomp van hulle in die digte kelpwoude te sien wat rondom die eiland is. Maak seker jy bring jou kamera saam!
Die duikplek van Seal Rock is in Partridge Point in Valsbaai geleë, naby aan Millerpunt. Die duikplek bestaan nie net uit die vanselfsprekende Kaapse pelsrobbe nie, maar ook ‘n diep rif aan die oostelike kant. Hierdie duikplek het helderkleurige en vele ander ongewerweldes, wat dit ‘n baie uiteenlopende en interessante duikplek maak om te besoek vir liefhebbers van beide groot en klein vorme van seelewe.
Partridge point duikfeite
Diepte – Tot en met 26 meter
Boot/Strand – Boot
Minimum kwalifikasie – Oopwater of Gevorderde Oopwater, afhangende van die diepte wat ons beplan om die duik
Albei PADI & Tripadvicer sertifikaat van uitsteekendheid gewen.
Beste duik instrukteers & duik meesters.
Goeie kwaliteit toerusting.
Streng op veiligheid and kwaliteit
HOEKOM SAL U ONS KIES
Gratis optel van hotel
Albei PADI & Tripadvicer sertifikaat van uitsteekendheid gewen.
Beste duik instrukteers & duik meesters.
Goeie kwaliteit toerusting.
Streng op veiligheid and kwaliteit
PRYSE
Kostes vir pretduike
Strandduike: R650 per duik
Bootduike: R800 per duik
Huur van toerusting (volle stel): R750 per dag, insluitend 1 sillinder, R170 per ekstra sillinder
Optioneel: Huur 'n Go Pro vir R450 per dag
MBA-permit (geldig vir een maand): R45
Pretduik pakkette
2 strandduike pakket met toerusting en MBA-permit ingesluit: R2200 (1 dag)
2 bootduike pakket met toerusting en MBA-permit ingesluit: R2500 (1 dag)
Wil jy baie duik ? Koop 'n Bootkaart wat 10 duike & lug insluit vir slegs R5000! Toerusting huur met 'n boot kaart kos R600 per dag, en jy het 'n jaar om die duike te gebruik, waarna die kaart verval.
Ook ingesluit by ons pakketpryse is die volgende:
GRATIS oplaai en aflaai by jou hotel indien benodig (in die sentrale Kaapstad area, vir 2 duike of meer)
GRATIS wi-fi in ons winkel
GRATIS was van enige toerusting wat jy gaan gebruik
Ons het gevind dat meeste van ons kliënte verkies om die meeste van die dag te maak deur minstens twee duike te doen. Ons sal byvoorbeeld ‘n duik saam met robbe kombineer met ‘n wrakduik of rifduik in die nabye omgewing.
Hoekom sal u ons gebruik?
Into the Blue is die beste duikwinkel in Kaapstad. Ons fokus is om vir jou waarde vir geld te bied – ‘n kwaliteit, veilige, pret ervaring. Wanneer jy saam met ons duik, sal jy die volgende kry:
Goeie en professionele instrukteurs en duikmeesters
Goed-versorgde toerusting (ons toegewyde tegnikus gaan minstens een maal per week deur al ons toerusting om te soek na enige probleme)
n Verhouding van maksimum vyf kliënte per duikmeester of instrukteur. Ons mik om minstens twee duikmeesters op ons boot te hê, om seker te maak dat iemand jou kan bystaan indien jy enige probleme ondervind
Anders as baie ander duikskole, mik ons om te duik waar die weerstoestande die beste is vir die dag – ons is bereid om na duikplekke te gaan wat verder is, indien nodig, om goeie duiktoestande te kry
Into the blue scuba dive center has an amazing group of people working there. They make every dive a fun experience, even if the conditions aren't great. They are very professional and I can recommend them to both newbies as well as experienced divers.
I have been back in Cape Town several times over the past 2 years and I always return to Into the blue when I dive.
Both instructors and DM's make you feel very welcome and have a great service. They help you with anything, just ask!
I can only say "thank you from the bottom of my heart!" These guys have made my trips incredible and unforgettable!